Verskil tussen weergawes van "Al Soefi"

9 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
Skakel
k (Verplasing van 1 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q11075)
(Skakel)
Sy navorsing in verband met die ligkrag van sterre het 'n aantal regstellings ten opsigte van Ptolemeus se lys van sterre moontlik gemaak. Hy lewer waardevolle bydraes tot die noukeurige berekening van die sonjaar se lengte en hou homself besig met die praktiese gebruik van die [[astrolabisme]], 'n sterrekundige instrument in die vorm van 'n skyf met visierapparaat, wat reeds in Ptolemeus se tyd bekend was en die meganiese oplossing van sterrekundige en sterrekundig-geografiese vraagstukke moontlik gemaak het. Al Soefi is ook die eerste sterrekundige wat die samehang tussen die tradisionele Griekse en Arabiese name van sterre en [[sterrebeeld|sterrebeelde]] ondersoek.
 
In sy hoofwerk, die "Boek van die Sterre", verwys hy onder meer na die [[Magellaanse Wolke|Groot Magellaanse Wolk]] en die [[AndromedanewelAndromeda-sterrestelsel]], waarby eersgenoemde eers eeue later weer deur die [[Portugal|Portugese]] seevaarder [[Ferdinand Magellaan]] en laasgenoemde ná die uitvinding van die [[teleskoop]] in [[1612]] deur [[Simon Marius]] herontdek is.
 
'n Krater op die [[maan]] met 'n deursnee van 47 kilometer is na Al Soefi (Azophi) vernoem.