Verskil tussen weergawes van "George Bradshaw"

2 357 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (+ eksterne skakel)
k
}}
'''George Bradshaw''' (* [[29 Julie]] [[1801]]; † [[6 September]] [[1853]]) was 'n [[Engeland|Engelse]] kartograaf, drukker en uitgewer. Hy staan veral bekend as uitgewer van die wêreld se suksesvolste reeks van gekombineerde spoorwegroosters wat tussen [[1847]] en [[1939]] uitgegee is.
 
== Biografie ==
 
George Bradshaw is in Windsor Bridge, Pendleton in Salford, [[Lancashire]] gebore. Ná die voltooiing van sy skoolloopbaan het hy 'n leerjongenskap by 'n graveerder in [[Manchester]] begin en in [[1820]] sy eie ateljee in [[Belfast]] geopen. In [[1822]] het hy na Manchester teruggekeer waar hy as graveerder en drukker veral kaarte vervaardig het.
 
Bradshaw was 'n godsdienstige man. Alhoewel sy ouers allesbehalwe welvarend was, het hulle nogtans vir hom lesse betaal by 'n predikant en aanhanger van Emanuel Swedenborg. Hy het tot die Godsdiensgenootskap van Vriende (Kwakers) toegetree en baie van sy tyd aan filantropiese werk bestee. So het hy met radikale hervormers soos Richard Cobden saamgewerk om vredeskonferensies te organiseer en skoolgeriewe en sopkombuise aan arm inwoners van Manchester te verskaf.
 
Volgens oorlewering het Bradshaw vanweë sy Kwakergeloof in die vroeë uitgawes van sy reisgidse nooit die maandname gebruik wat van [[Romeinse mitologie|Romeinse godhede]] afgelei is nie aangesien hierdie praktyk as "heidens" beskou is. Kwakers het destyds na Januarie as "eerste maand", na Februarie as "tweede maand" ensovoort verwys. Dieselfde reël is op weekdae toegepas - so is Sondag gewoonlik die "eerste dag" genoem, ensovoort.
 
In 1841 het hy 'n gehalte-weekblad in die lewe geroep, ''Bradshaw's Manchester Journal'', met George Falkner as redakteur. Dit was volgens 'n destydse beskrywing "'n baie veelsydige weekblad met 16 bladsye met 'n fokus op kuns, wetenskap en literatuur wat teen 'n lae prys van 1/½ pennie per week verkoop is". Ses maande later is die weekblad se naam gewysig tot ''Bradshaw’s Journal: A Miscellany of Literature, Science and Art'', en dit is vervolgens in [[Londen]] uitgegee. Die publikasie is reeds in 1843 gestaak.<ref>[http://www.mcrh.mmu.ac.uk/pubs/pdf/mrhr_17ii_thomas.pdf Trefor Thomas: George Bradshaw and ''Bradshaw’s Manchester Journal'': 1841–1843, In: ''Manchester Region History Review'', Maidment, 17ii vol. qxd, 24 Julie 2006, bl. 63]</ref>
 
Op [[15 Mei]] [[1839]] het Bradshaw in die huwelik getree. Tydens 'n reis deur [[Noorweë]] het hy cholera opgedoen en is nog in September van dieselfde jaar daar oorlede nadat hy nie meer in staat was om na Engeland terug te keer nie. Bradshaw is in die begraafplaas langs die katedraal van [[Oslo]] ter ruste gelê.
 
==''Great British Railway Journeys/Great Continental Railway Journeys''==