Verskil tussen weergawes van "George Bradshaw"

k
== Biografie ==
 
George Bradshaw is in Windsor Bridge, Pendleton innaby Salford, [[Lancashire]] gebore. Ná die voltooiing van sy skoolloopbaan het hy 'n leerjongenskap by 'n graveerder in [[Manchester]] begin en in [[1820]] sy eie ateljee in [[Belfast]] geopen. In [[1822]] het hy na Manchester teruggekeer waar hy as graveerder en drukker veral kaarte vervaardig het.
 
Bradshaw was 'n godsdienstige man. Alhoewel sy ouers allesbehalwe welvarend was, het hulle nogtans vir hom lesse betaal by 'n predikant en aanhanger van Emanuel Swedenborg. Hy het tot die Godsdiensgenootskap van Vriende (Kwakers) toegetree en baie van sy tyd aan filantropiese werk bestee. So het hy met radikale hervormers soos Richard Cobden saamgewerk om vredeskonferensies te organiseer en skoolgeriewe en sopkombuise aan arm inwoners van Manchester te verskaf.