Verskil tussen weergawes van "Awwakoem Petrof"

→‎Lewe: Skakel
k (Verplasing van 20 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q318473)
(→‎Lewe: Skakel)
In 1666 word Awwakoem na Moskou gebring om tereg te staan. Hy word aangespoor om die kerkhervormings te aanvaar, maar hy weier om toe te gee. Sy priesterskap word hom ontneem en hy word deur die kerk vervloek. Hy word weer na Poestozjorsk verban saam met drie ander medegelowiges. Voordat die vier vertrek, word twee se tonge in die openbaar uitgesny en die derde een se vingers afgekap. Net die tussenkoms van die tsarina, wat vroeër met bojarinja Morozowa bevriend was, voorkom dat dieselfde met Awwakoem gebeur. In Poestozjorski bly hy in ’n hut wat in die grond uitgegrawe is en word hy beproef deur ontberinge en luise. Hy bly teen die kerkhervormings gekant en behou kontak met sy geesgenote. Hy skryf ook talle briewe en petisies waarin hy die ou geloof regverdig, asook sy outobiografie, ''Die Lewe van Aartspriester Awwakoem''.
 
Na die dood van tsaar Aleksei rig Awwakoem ’n petisie aan sy opvolger, [[Fjodor III van Rusland|Fjodor III]], waarin hy versoek dat die hervormings herroep word. Uit reaksie word hy en drie medegevangenes die doodstraf op ’n brandstapel opgelê. Die vonnis word op [[Goeie Vrydag]] van 1682 voltrek.
 
’n Aansienlike deel van die bevolking bly hulle egter verset teen die kerkhervormings en bly getrou aan die ou tekste en rite. Hulle sou later bekend word as die [[Ougelowiges]].
 
==Agtergrond van die kerkhervormings==