Verskil tussen weergawes van "Awwakoem Petrof"

(→‎Lewe: Skakel)
 
==Agtergrond van die kerkhervormings==
In 1439 het die Russiese Kerk kontak verbeek met [[Konstantinopel]], waarvandaan die Russe hulle geloof gekry het, omdat die Russe gemeen het dat die Grieke verraad teen die ortodoksie gepleeg het. Baie het die val van Konstantinopel in 1456 gesien as God se straf omdat hulle ’n ooreenkoms met [[Rome]] gesluit het.
 
Sedertdien was daar die idee in Rusland dat hulle die bewakers is van die ware, suiwer ortodoksie. Dié mening het nog voortgeleef in die 17de eeu, ook vir Awwakoem en sy geesgenote. Dit was dus met verbystering dat talle mense verneem het juis die Russiese kerktradisie bevat baie foute en selfs ketterye. Die voorstaanders van die hervormings het gemeen dat die Grieke Rusland gekersten het en dat die Griekse Kerk, wat intussen verskille getoon het met die Russiese Kerk, beskou moes word as die hoeksteen van die ortodoksie. Ondanks die groot teenstand is die hervormings wat patriarg Nikon begin het, aanvaar op die konsilie van 1666-1667. Die teenstanders, waarvan Awwakoem die leier geword het, is deur die Russiese Kerk vervloek en uit die Kerk geban. Dit het gelei tot ’n skeuring (Russies: раскол; ''raskol'') in die Kerk met die amptelike Kerk aan die een kant en die ''raskolniki'' (later bekend as die Ougelowiges) aan die ander kant.
 
==Persepsie van Awwakoem==