Verskil tussen weergawes van "George Bradshaw"

1 082 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k
 
Op [[15 Mei]] [[1839]] het Bradshaw in die huwelik getree. Tydens 'n reis deur [[Noorweë]] het hy in [[1853]] [[cholera]] opgedoen en is nog in September van dieselfde jaar daar in die ouderdom van 52 jaar oorlede nadat hy nie meer in staat was om na Engeland terug te keer nie. Bradshaw is in die begraafplaas langs die katedraal van [[Oslo]] ter ruste gelê.
 
== Bradshaw se spoorweggidse ==
=== Vroeë geskiedenis ===
 
Bradshaw het al bekend gestaan as uitgewer van ''Bradshaw's Maps of Inland Navigation'' ("Bradshaw se Binnelandse Navigasiekaarte") met kaarte en beskrywings van kanale in [[Lancashire]] en [[Yorkshire]] toe sy Manchester-gebaseerde uitgewery op 19 Oktober 1830, kort ná die opening van die eerste spoorweë, die wêreld se eerste spoorwegrooster gepubliseer het. Dié linnegebonde boek het onder die titel ''Bradshaw's Railway Time Tables and Assistant to Railway Travelling'' ("Bradshaw se Spoorwegroosters en Gids vir Spoorwegreise") verskyn. Die gids is verkoop teen 2½p.
 
In 1840 is die titel gewysig na ''Bradshaw's Railway Companion'' ("Bradshaw se Spoorweggids") en die prys verhoog tot een sjieling. Nuwe uitgawes het op onreëlmatige intervalle verskyn, terwyl bylaes met opdaterings van tyd tot tyd gepubliseer is. Die oorspronklike Bradshaw-publikasies het nog voor die beperkte invoering van die Spoorweg-standaardtyd in November 1840 en sy geleidelike ontwikkeling tot 'n algemene standaardtyd verskyn.
 
==''Great British Railway Journeys/Great Continental Railway Journeys''==