Verskil tussen weergawes van "Mary Shelley"

915 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
Bygewerk
k (+ inligtingskas)
k (Bygewerk)
</div>
'''Mary Shelley''' (''née'' '''Mary Wollstonecraft Godwin'''; * [[30 Augustus]] [[1797]], † [[1 Februarie]] [[1851]]) was 'n Engelse skrywer, dramaturg, essayis, biograaf en reisskrywer wat veral bekend staan vir haar Gotiese roman ''Frankenstein: or, The Modern Prometheus''. Daarnaas het sy ook die werke van haar man, die [[Romantiek|romantiese]] digter en filosoof [[Percy Bysshe Shelley]], geredigeer en bemark. Haar pa was die politieke filosoof William Godwin, haar ma die filosoof en vegter vir vroueregte Mary Wollstonecraft.
 
Mary Godwin se ma is oorlede toe sy elf dae oud was, en sy is saam met haar ouer halfsuster, Fanny Imlay, deur haar pa grootgemaak. Toe Mary vier jaar oud was, het haar pa met sy buurvrou, Mary Jane Claremont, getrou. Vir Mary het hy omvattende, alhoewel informele opleiding verskaf en haar aangemoedig om sy liberale politieke teorieë aan te hang. In 1814 het Mary Godwin 'n romantiese verhouding met een van haar pa se politieke aanhangers begin, Percy Bysshe Shelley wat destyds al getroud was. Saam met Mary se stiefsuster, Claire Claremont, het die twee na [[Frankryk]] vertrek en in [[Europa]] rondgereis. Toe hulle na Engeland teruggekeer het, was Mary swanger met Percy se kind. Hul vroeggebore dogtertjie het gesterf. In die volgende twee jaar het die paar met uitsluiting en voortdurende skuldlas te kampe gehad. Laat in 1816 het hulle getrou nadat Percy se eerste vrou, Harriet, selfmoord gepleeg het.
 
{{DEFAULTSORT:Shelley, Mary}}