Verskil tussen weergawes van "Industriële Revolusie"

k (Verplasing van 100 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q2269)
Wanneer daar in die breë sin na die "Industriële Revolusie" verwys word, is dat gerieflik om dit in 'n aantal "eeue" in te deel. Die datums is by benadering, en verskeie van die tydvakke oorvleuel mekaar. Elk is genoem na die vernaamste soort brandstof, produk of kragbron wat dit gekenmerk het of nog steeds kenmerk.
 
Só is daar onder meer die houteeu (1750-1840), die stoomeeu (1769-1900), die eeu van [[steenkool]] en [[yster]] (1840-1860), die eeu van [[staal]] (wat in 1860 begin het), die atoomeeu (beginnende in 1942), en die satellieteeu (wat in 1957 begin het met die eerste satelliet in ’n wentelbaan om die aarde).
 
Die Industriële Revolusie kan ook ingedeel word in die "eerste" revolusie (1750-1860) en die "tweede revolusie" (wat in 1860 begin het). In die tweede tydperk het groot ontwikkelings plaasgevind; soos die moderne proses van staalvervaardiging, elektriese masjinerie en toestelle vir kommunikasie, binnebrandmasjiene, outomatisasie, transistors, rekenaars, atoomkrag en die verowering van die ruimte met al die geweldige tegnologiese vorderings wat daarmee saamgaan.