Verskil tussen weergawes van "Lawa"

4 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
(Uitgebrei)
 
===Chemiese samestelling===
Die chemiese samestelling van lawa het ’n groot invloed op ander eienskappe, soos die stollingstemperatuur, vloeitraagheid en die manier waarop dit na die oppervlak kom. [[Stollingsgesteente]]s kan ingedeel word volgens [[pH|suurheidsgraad]], van felsiesfelsofiries (suur) tot mafies (alkalies). Naas ondergenoemde [[mineraal|minerale]] kan lawa ook ander minerale en brokke gesteentes bevat, waaronder vaste [[kristal]]le en [[xenoliet]]e.
 
* '''Felsofiriese of silikaryke lawa''' soos [[rioliet]] en [[daciet]] is suur en stroperig. Dit word veral veroorsaak deur die hoë gehalte aan [[silika]], [[aluminium]], [[kalium]] en [[natrium]]. Hierdeur ontstaan ’n [[polimerisasie|gepolimeriseerde]] vloeistof, ryk aan [[veldspaat]] en [[kwarts]], wat ’n veel hoër vloeitraagheid as ander lawatipes het. Felsofiriese lawa het ’n smeltpunt van tussen 650 en 750 °C, maar in die praktyk kan die temperatuur met die uitbarsting ook hoër wees.