Verskil tussen weergawes van "Pous Innocentius III"

Aan die begin van sy pontifikaat het Innocentius hard opgetree teen die [[Kathare]] (ook Albigense genoem). 'n Pouslike gesant is vermoor en 'n aanval onder leiding van Simon de Montfort het in 'n veroweringsoorlog ontaard. Die Kathare word uitgemoor by Béziers en Minerva.
 
In [[1198]] predik Innocentius die vierde kruistog. Hy rig die versoek aan die ridders eerder as aan die konings van [[Wes-Europa]]. Aanvanklik was daar nie veel belangstelling nie tot [[1200]] toe die kruistog georganiseer is in Champagne. Die Venesiërs het dit egter omgelei om Zara en [[Konstantinopel]] aan te val. Op [[12 April]] [[1204]] word [[Konstantinopel]] verower met groot barbaarsheid deur die kruisvaarders. Na die vierde kruistog se fiasko was daar ook nog die kinderkruistog in [[1212]], wat 'n nog groter ramp geword het. Die kinderkruistog het nooit die Heilige Land bereik nie en tot 50 000 mense is dood. Op [[19 April]] [[1213]] roep Innocentius op tot die vyfde kruistog. Die het egter nie voor sy dood plaasgevind nie.
 
Op [[15 November]] [[1215]] open Innocentius die vierde Lateraanse Konsilie, wat as een van die belangrikste in die Middeleeue beskou word. Sewentig hervormingsgerigte besluite is geneem. Die stigting van skole is bepleit en die morele standaarde van die klerus is hoër gestel as die van leke. Die klerus word ook verbied om aan die "Godsoordeel" deel te neem, iets wat die praktyk prakties ten einde gebring het.