Limes: Verskil tussen weergawes

1 771 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
kNo edit summary
kNo edit summary
 
Die [[Latyn]]se term ''limes'' is later steeds gebruik om na vergelykbare grensversterkings te verwys soos byvoorbeeld die Limes Saxoniae.
 
== Etimologie ==
Die Latynse term ''limes'' (meervoud ''limites'') is oorspronklik gebruik om na 'n dwars- of grenspad, veral met betrekking tot die afbakening van 'n terrein, te verwys. So is velde en akkers met grensstene (''termini''), houtpale of duidelik herkenbare landmerke soos bome en riviere begrens. Eers in die tyd van Gaius Iulius Caesar is die term met die algemene betekenis van "grens" of "grenslyn" gebruik, hoofsaaklik om na militêre paaie met versterkte grensposte, militêre kampe by bospaaie of nuutgeboude paaie in vyandelike gebiede te verwys. Die term het sy etimologiese wortels in die Latynse ''limus'' ("dwars") en ''limen'' ("drumpel").
 
''Limites'' het die grens van die Romeinse Ryk in gebiede sonder natuurlike grensmerke soos riviere of gebergtes gemerk en is steeds deur Romeinse grensposte bewaak. Daar was verskillende vorme van ''limites'', afhanklik van die topografie, bevolkingsdigtheid en militêre bedreiging van 'n bepaalde gebied. In Noord-Afrika en in die oostelike ryksdele is reekse van forte (''castella'') en wagtorings gebou. Langs groot riviere soos die [[Ryn]], [[Donau]], Eufraat en Tigris het die rivierloop as natuurlike grenslyn ("rivier-" of "nat limes") gedien (die Romeine het hierdie soort grenslyn ''ripa'' of "oewer" genoem). 'n Deel van die Raetiese limes in sy laaste boufase het net soos die Britanniese Muur van Hadrianus deurgaans uit steenmure met wagtorings bestaan, in teenstellings met die limites van Germania Superior (Bo-Germanië) en Raetië waar die Romeinse grens deur middel van houtpalisades beskerm is.
 
Eers in die laat-antieke tydperk het die Romeine hul deurlopende grensversterkings deur forte van verskillende groottes vervang wat in ander gebiede reeds van die begin af gebruik is.
 
[[Kategorie:Romeinse Ryk]]