Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

4 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
k
=== Die middeleeue ===
[[Lêer:Koeln stadtmauer hansaring01.jpg|thumb|right|300px|Die stadsmuur van Keulen]]
Onder die heerskappy van [[Karel die Grote]] het 'n nuwe bloeitydperk vir Keulen begin. In 795 was die stad die setel van 'n aartsbiskop. Met Karel se oorwinning oor die Sakse het Keulen van die periferie na die sentrum van die ryk beweeg en tot 'n belangrike godsdienstige en ekonomiese metropool en die grootste stad in Duitsland gegroei. Ondanks die teenstellings tussen die biskoppe en die welvarende burgery sedert die laat elfde eeu was Keulen gedurende die 12de eeu die grootste stad noord van die [[Alpe]], met 'n oppervlak van sowat 400 hektaar binne sy stadsmuur en meer as 35 000 inwoners. 'n Aantal voorstede is by Keulen ingelyf, en daar was steeds omvangryke boubedrywighede. Net soos in Jerusalem was daar twaalf stadspoorte, terwyl langs die Ryn 'n bykomende dertig toegange gebou is.
 
In [[1164]] het aartsbiskop [[Rainald von Dassel]] daarin geslaag om die sterflike oorskot van die Heilige Drie Konings vanuit [[Milaan]] na Keulen te bring. Met hierdie relieke het ''Sancta Colonia'' nou ook 'n belangrike rol as bedevaartsoord begin speel.
99 529

wysigings