Kgoši Mampuru II-bestuursgebied: Verskil tussen weergawes

geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
 
In November 2006 word Annanias Mathe die eerste persoon om uit C-Max te ontsnap. Mathe het militêre opleiding tydens die burgeroorlog in Mosambiek opgedoen. Hy het sy lyf met vaseline gesmeer en deur sy selvenster (20 cm by 60 cm) geglip. Hy het op meer as 50 aanklagte, waaronder moord, verkragting, gewapende roof en kaping tereggestaan.<ref>{{cite web |url=http://news.bbc.co.uk/2/hi/africa/6165000.stm |title= S Africa manhunt after jailbreak |accessdate=2006-11-20 |format= |author=BBC News | authorlink=BBC News | date=2006-11-20}}</ref> Hy is twee weke later ná 'n uitgebreide soektog weer gevange geneem.<ref>{{cite web |url=http://news.bbc.co.uk/2/hi/africa/6205818.stm |title= S Africa's 'most-wanted' caught |accessdate=2006-12-04 |format= |author=BBC News| authorlink=BBC News | date=2006-12-04}}</ref>
 
== Galgmuseum ==
Die tronk beskik ook oor 'n galgkamer waar kriminele wat vroeërjare [[doodstraf|ter dood veroordeel]] is gehang is. Die laaste teregstelling was die van die moordenaar, Solomon Ngobeni op 14 November 1989.
 
In 1990 het pres. [[F.W. de Klerk]] 'n moratorium op die uitvoering van die doodsvonnis geplaas. In Junie 1995, in die saak van ''S v Makwanyane'', het die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika die doodstraf as 'n ongrondwetlike vorm van straf verklaar.
 
Op 15 Desember 2011 is die galgkamer, nadat dit herkonstrueer is, deur Jacob Zuma as 'n [[museum]] geopen. Die aand voor die opening het die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke 'n geestelike reinigingsproses hier uitgevoer.
 
== Sien ook ==
{{Verwysings}}
 
{{Koördinate|25|45|39.6|S|28|10|55.2|O|aansig=titel}}
{{Saadjie}}