Verskil tussen weergawes van "Kgoši Mampuru II-bestuursgebied"

geen wysigingsopsomming nie
 
== Galgmuseum ==
Die tronk beskik ook oor 'n galgkamer waar kriminele wat vroeërjare [[doodstraf|ter dood veroordeel]] is gehang is. Die laaste teregstelling was die van die moordenaar, Solomon Ngobeni op 14 November 1989. Ngobeni is ter dood veroordeel vir die moord en roof op die taksiebestuurder, Mackson Kubayi in die Transvaal. Die laaste vrou wat hier gehang is was Sandra Smith op 2 Junie van dieselfde jaar, saam met haar kêrel, Yassiem Harris, nadat hulle op moord skuldig bevind is.
 
In 1990 het pres. [[F.W. de Klerk]] 'n moratorium op die uitvoering van die doodsvonnis geplaas. In Junie 1995, in die saak van ''S v Makwanyane'', het die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika die doodstraf as 'n ongrondwetlike vorm van straf verklaar.