Verskil tussen weergawes van "Menslike skelet"

k
Die bobeen bevat die dybeen (femur), die grootste en sterkste been in die liggaam. Die knie bevat die knieskyf (patella) en die onderbeen bevat die skeenbeen (tibia) en die fibula (speekbeen van die onderste ledemaat). Die voet bestaan uit 26 bene. Daar is 7 voetwortelbene (tarsale), naamlik die hakskeenbeen (kalkaneus), talus, kuboïedbeen, skafoïedbeen en 3 wigbene. Daar is 5 middelvoetbene (metatarsale) en 14 toonbene (falankse).
 
==Ontwikkeling==
==Verandering oor leeftyd==
 
By ongebore babas bestaan alle bene aanvanklik uit bindweefsel. Die eerste kraakbeen word in hierdie bindweefsel gevorm, en word dan later verhard deur die neerlegging van kalksoute. Die bene van babas is plasties en vervormbaar maar word harder met die loop van tyd. Die onderlinge bene in die skedels van babas is by geboorte nog los van mekaar en kan oor mekaar gly om die skedelomtrek kleiner te maak. Hierdie proses vergemaklik geboorte. Hierna begin die los skedelbene om aan mekaar te heg deur middel van naatgewrigte. Dit is 'n langdurige proses en die skedelnate word eers teen volwassenheid volkome gevorm.
 
== Bronne ==
610

wysigings