Verskil tussen weergawes van "Byeboerdery"

34 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
Die 19de eeu produseer 'n ontploffing van innoveerders en uitvinders wat die ontwerp en produksie van byekorwe, bestuurstelsels en boerdery met verbetering deur selektiewe broeiery, heuning uitspinners en bemarking vervolmaak. Prominent onder hierdie innoveerders was:
 
'''L.L. Langstroth''', geëer as die "vader van Amerikaanse byeteelt": geen ander enkeling het 'n groter invloed gehad op moderne byeboerderypraktyk as Lorenzo Lorraine Langstroth nie. Sy klassieke boek, "The Hive and Honey-bee", is in 1853 gepubliseer.
 
'''Moses Quinby''', gereeld verwys na as "die vader van kommersiële byeboerdery in die Verenigde State" en skrywer van "Mysteries of Bee-Keeping Explained" (1853).
 
'''Amos Root''', die skrywer van die "ABC of Bee Culture" wat tot op hede aaneenlopend hersien word en nog steeds in druk is. Root was 'n voorbok met die vervaardiging van korwe en die verspreiding van byverpakkings in die Verenigde State.
 
'''A.J. Cook''', "The Bee-Keepers' Guide; or Manual of the Apiary" (1876).
 
'''Dr. C.C. Miller''' was een van die eerste besigheidsmannesakemanne wat waarlik 'n bestaan gemaakuit hetbyeteelt vangemaak byeteelthet. Teen 1878 het hy byeboerdery sy enigste besigheid gemaak. Sy boek, "Fifty Years Among the Bees," bly 'n klassieke werk en sy invloed op bybestuur bestaan vandag nog.
 
'''Majoor Francesco De Hruschka''', 'n Italiaanse militêre offisier, het 'n kardinale ontdekking gemaak wat die katalisator was vir die kommersiële heuningbedryf. In 1865 ontdek hy 'n eenvoudige masjien om heuningkoek uit te spin deur middel van middelpuntvlietende krag. Sy oorspronklik idee was eenvoudig om die koek met 'n metaalraam te ondersteun en dan binne 'n houer te spin wat die heuning versamel wat deur middelpuntvlietende krag uitgegooi word. Dit het beteken dat heuningkoeke ongeskonde maar leeg in die korf teruggeplaas kon word. Die bye sou baie aan werk, tyd en materiale bespaar. (Of dit werklik die geval is, word egter steeds bevraagteken.) Dié enkele ontdekking het grootliks die doeltreffendheid van heuningoes verbeter en was 'n katalisator vir die moderne heuningbedryf.
 
'''Abbé Émile Warré''', 'n Fransman, het geëksperimenteer met meer as 350 verskillende korwe oor 'n periode van 50 jaar. Gedurende dié tyd onwikkel hy 'n by-vriendelike, vaste koekkorf wat ontwerp is vir minimale ingryping, maklike oesting en vergroting asook die produksie van heuning met die minimum koste aan arbeid en toerusting. Hy noem sy korf ''la Ruche Populaire'', wat vertaal kan word as '"die Volkskorf'" enof beter bekend as die "Warré korf". Die resultate van sy navorsing is opgeneem in sy boek ''L' Apiculture Pour Tous'' en is in Engels vertaal as ''Beekeeping For All''<ref>[http://www.mygarden.me.uk/beekeeping_for_all.pdf Beekeeping For All]</ref>.
 
== Tradisionele en moderne byeboerdery ==
83 404

wysigings