Verskil tussen weergawes van "Pollsmoor-gevangenis"

geen wysigingsopsomming nie
'''Pollsmoor-gevangenis''' is 'n tronk in [[Tokai]], 'n woonbuurt van [[Kaapstad]], [[Suid-Afrika]]. Die [[tronk]] word deur die [[Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste]] bestuur.
 
Pollsmoor is 'n maksimum-sekuriteitstronk waaruit gevangenis weinig kans het om te ontsnap. Van Suid-Afrika se gevaarlikste kriminele word hier aangehou. Die gevangenis het 1,278 personeellede en kan 4,336 oortreders akkomodeer. Hoewel die aantal oortreders daagliks wissel, huisves die tronk tans meer as 7,000 prisoniers.