Verskil tussen weergawes van "Niels Bohr"

Geen grootteverandering nie ,  7 jaar gelede
(Skakels)
Vir sy ná-doktorale werk het Bohr na Cambridge verskuif (waar hy onder [[J.J. Thomson]] gewerk het) en later na Manchester om met Rutherford saam te werk. Dit is hier waar hy werklik sy liefde vir kwantummeganika en radioaktiwiteit aangegryp en derhalwe onderwerpe soos die absorpsie van [[alfastrale]] en atoomstruktuur ondersoek het. Met hierdie agtergrond, asook met Planck se baanbrekerswerk rakende kwantumteorie, het Bohr 'n teoretiese atoomstruktuur ontwikkel wat steeds vandag in fisikahandboeke bly voortleef.
 
Bohr het in 1912 na die Universiteit van Kopenhagen teruggekeer, waar hy 'n lektoraat in die fisika aanvaar en uiteindelik 'n professor in die teoretiese fisika geword het. Dit was ook in hierdie jaar dat hy met [[Margrethe Norlund]] getroud is. Saam het hulle ses seuns voortgebring, al het slegs vier oorleef om volwassenheid te bereik. Al vier is uiteindelik hoog aangeskryf in hul onderskeie beroepe – veral [[Aage Bohr]], wat in sy vader se voetspore gevolg het deur ook 'n Nobel-prys vir Fisika te ontvang.
Norlund]] getroud is. Saam het hulle ses seuns voortgebring, al het slegs vier oorleef om volwassenheid te bereik. Al vier is uiteindelik hoog aangeskryf in hul onderskeie beroepe – veral [[Aage Bohr]], wat in sy vader se voetspore gevolg het deur ook 'n Nobel-prys vir Fisika te ontvang.
 
Vanaf 1920 was Bohr die hoof van die [[Instituut vir Teoretiese Fisika]]. Dit was tydens hierdie tydperk dat hy sy Nobel-prys verwerf en sy werk op twee kritieke fisiese probleme gerig het: aan die een kant het hy probeer om 'n [[kwantumteorie]] wat konsekwent is met alle [[atoomvlak-verskynsels]] te verbeter en verder uit te brei, en aan die ander kant was hy steeds besig om aan atoomstruktuur en –eienskappe te werk – veral die redes onderliggend aan die patrone in die spektra wat deur uitgestraalde atome vertoon is.