Verskil tussen weergawes van "Samuel Colt"

388 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(75% klaar)
 
=== Ontwikkeling van die rewolwer ===
In 1832 gestuurstuur Colt se vader hom na die see om ondervinding in seehandel op te doen. Hier bekom hy verdere idees wat hom later met sy uitvinding sou help. Op sy eerste seereis bou Colt reeds 'n houtmodel van 'n rewolwer.<ref name="gardner">{{cite journal | last = Soule| first = Gardner | authorlink = | coauthors = | title = The story of Sam Colt's Equalizer| journal = Popular Science| volume = 12| issue = | pages = 88–93| publisher = | year = 1961| url = | doi = | id = | accessdate =}}</ref>
 
In 1832 keer Colt terug na die Verenigde State. Aanvanklik werk hy weer vir sy vader, maar later besluit hy om deur Amerika te reis en kos te verdien deur demonstrasies met 'n mobiele laboratorium en laggas te doen. Dieselfde jaar verbeter hy sy idee vir 'n rewolwer, en in 1835 registreer hy 'n patent in die Verenigde Koninkryk (patent nommer 6909). Vervolgens reis hy na Frankryk om sy uitvinding te promoveer. Met sy terugkeer na die Verenigde State registreer hy nog 'n patent vir 'n nuwer rewolwer (patent 9430X).
 
=== Eie besigheid ===
In April 1836 begin hy sy maatskappy in [[Patterson]], [[New Jersey]] wat in die produksie van rewolwers spesialiseer. Die fabriek het moeisaam van die grond gekom omdat Colt byna geen beleggers kon vind nie. Hy probeer daarom om self die geld bymekaar te maak. Hy demonstreer sy rewolwer onder andere aan aan president [[Andrew Jackson]], wat Colt sy goedkeuring gee. Desondanks wou byna niemand die nuwe wapen koop nie. Met die [[paniek van 1837]] is Colt se fabriek amper bankrot verklaar, maar hy kry sy eerste opdragte metna die uitbreek van die oorlog met die Seminole (Amerikaanse Indiane). Hierdie sukses het egter nie lank gehou nie en Colt moes sy fabriek uiteindelik sluit.
 
In 1847 kry Colt nog 'n geleentheid toe kaptein Samuel Walker 1000 rewolwers vir die Texas Rangers bestel om in die [[Meksikaans-Amerikaanse Oorlog]] te gebruik. Hierdie bestelling het nuwe lewe in Colt se maatskappy geblaas. Van hier af het die rewolwer al hoe gewilder geword. Die Kaliforniese goudstormloop en kolonisasie van die weste van die VSA het verkope 'n aansienlike hupstoot gegee.
<!-- besig om te vertaal vanaf nl: -->
 
=== Latere lewe ===
<!-- besig om te vertaal vanaf nl: -->
 
Hy is op [[10 Januarie]] [[1862]] oorlede.