Verskil tussen weergawes van "Robert Broom"

4 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
(Skakel)
 
In [[1936]], op die ouderdom van 70, naby [[Krugersdorp]] en daarna by Kromdraai en Swartkrans ook aan die [[Witwatersrand]], het hy fossieloorblyfsels van honderde australopitesene wesens gevind wat nou, saam met [[Australopithecus]], algemeen erken word as die mees primitiewe mens bekend. Hierdie ontdekkings, asook die werk wat deur die Leakeys in Oos-Afrika gedoen is, het gehelp om Europese en Noord-Amerikaanse wetenskaplikes te oortuig dat die oorsprong van die mens inderdaad in Afrika gevind kon word. Met Schepers en later Robinson se hulp het Broom uitstekende boeke oor die fossielaapmense van Suid-Afrika gepubliseer.
Robert Broom is op [[6 April]] [[1951]] in Pretoria oorlede. [[Jan Smuts]] se opmerking in [[1948]] het die waarde van Broom se bydrae tot paleontologie in Suid-Afrika opgesom: "Elke Suid-Afrikaanse wetenskaplike voel meer trots deur Robert Broom. Elke Suid-Afrikaner voel belangriker deur sy toedoen."
 
==Bronne==