Verskil tussen weergawes van "Robert Broom"

9 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
Skakel
(Skakel)
Dr. '''Robert Broom''' ([[30 November]] [[1866]], Paisley – [[6 April]] [[1951]]) was 'n Suid-Afrikaanse wetenskaplike, dokter en paleontoloog, wie se werk op vroeë, [[soogdieragtige reptiel]]e en hul plek in die evolusionêre ontwikkeling, vir hom internasionale erkenning besorg het. Hy het selfs meer bekend geword vir sy ontdekkings van die eerste stewige australopithesene skedel in [[1938]] by die spelonk van Kromdraai, 1,6 km vanaf [[Sterkfontein]] en in [[1947]] die 2,5 miljoen jaar-oue [[Mev. Ples]].
 
Toe [[Raymond Dart]] in [[1925]] besef het dat die [[Taung-kind|Taung-skedel]] kenmerke vertoon wat tussen dié van mense en ape was en dus gewys het dat dit 'n vroeë [[Hominied|hominide]] was, het argeologiese instellings sy bewerings geminag. Broom, wat die eerste besoeker was wat die skedel gesien het, het egter 'n stoere ondersteuner van Dart geword en gehelp om sy teorie van [[Afrika]] as die bakermat van die mensdom te bewys deur sy ontdekking van 'n aantal australopithesene oorblyfsels.
 
Hy is in [[1920]] 'n genoot van die [[Royal Society of London]] gemaak, het 'n Royal Medalje ([[1928]]) ontvang, asook verskeie eredoktorate van oorsese en [[Suid-Afrika]]anse universiteite. Hy was die ontvanger van medaljes van die [[Nasionale Akademie van Wetenskappe van Washington]] en die [[Geologiese Vereniging van Londen]]. Die Unieregering het 'n bronsborsbeeld in die ingang van die [[Transvaal Museum]] opgerig wat op 31 Oktober [[1949]] deur genl. [[Jan Smuts]] in sy teenwoordigheid onthul is.