Verskil tussen weergawes van "Abdülaziz"

27 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k
Robot: ar:عبد العزيز الأول is 'n goeie artikel; kosmetiese veranderinge
(Skakels)
k (Robot: ar:عبد العزيز الأول is 'n goeie artikel; kosmetiese veranderinge)
|naam = Abdülaziz
|kleur = #C3B091
|titel = ''Sultan van die Ottomaanse Ryk <br />Kalief van Islam''
|beeld = Sultan Abdulaziz I.JPG
|beeld_wydte = 150px
|19 =
|opskrif20 = [[Toegra]]
|20 = [[beeldLêer:Tughra of Abdülaziz.JPG|150px]]
}}
'''Abdülaziz''' of '''Abd Al-Aziz''' (Ottomaanse Turks: عبد العزيز, moderne [[Turks]]: Abdülaziz; 9/18 Februarie [[1830]] – 4 Junie [[1876]]) was van 1861&ndash;1876 die 32ste sultan van die [[Ottomaanse Ryk]]. Hy was die seun van sultan [[Mahmut II]] en het sy broer [[Abdülmecid I]] in 1861 opgevolg.<ref>Chambers Biographical Dictionary, ISBN 0-550-18022-2, page 2</ref>
Hy het ’n Ottomaanse opvoeding gehad, maar het baie belanggestel in die materiële vordering wat in die Weste gemaak is. Hy het ook in letterkunde belanggestel en was ’n komponis van klassieke musiek.
 
== Bewind ==
[[FileLêer:Sultan tombs Divan Yolu March 2008.JPG|thumb|left|Sultan Abdülaziz se mausoleum in [[Istanboel]].]]
Die [[Tanzimat]]-hervormings wat onder sy broer en voorganger, Abdülmecid I, begin het, is tussen 1861 en 1871 voortgesit. Hy het goeie bande met [[Brittanje]] en [[Frankryk]] gehandhaaf en was in 1867 die eerste Ottomaanse sultan wat Wes-Europa besoek het.
 
Abdülaziz was sewe keer getroud en het 14 kinders gehad, waarvan 10 hom oorleef het.<ref>http://freepages.genealogy.rootsweb.com/~royalty/turkey/i339.html i339.html</ref>
 
== Prestasies ==
* Abdülaziz se grootste prestasie was die modernisering van die Ottomaanse vloot. In 1875 het die weermag 21 gevegskepe en 173 ander oorlogskepe gehad en dit het hom die derde grootste gemaak naas die vlote van Brittanje en Frankryk.
* Hy het die eerste spoorweg laat bou, asook die [[Sirkeci-stasie]] in [[Konstantinopel]], die eindterminus van die [[Orient Express]].
* Hy was beïndruk deur die museums in [[Londen]], [[Parys]] en [[Wene]], en het die Istanboelse Argeologiese Museum gestig.
* Onder sy bewind is die eerste Ottomaanse posseëls in 1863 gedruk.
 
== Verwysings ==
<references/>
<br />
:[[imageLêer:Crystal txt.png|20px|left]]<small>Hierdie artikel is vertaal vanuit [http://en.wikipedia.org/wiki/Abdülaziz die Engelse Wikipedia]</small>
 
{{Ottomaanse sultans}}
 
[[Kategorie:Sultans van die Ottomaanse Ryk]]
 
{{Link GA|ar}}
47 702

wysigings