Verskil tussen weergawes van "Neogeen"

25 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
Robot: es:Neógeno is 'n goeie artikel; kosmetiese veranderinge
k (Robot: es:Neógeno is 'n goeie artikel; kosmetiese veranderinge)
Die Neogeen strek oor sowat 20 miljoen jaar. In dié periode het [[soogdier]]e en [[voël]]s verder ontwikkel in baie van die moderne vorme, terwyl ander groepe diere relatief onveranderd gebly het. Die vroeë [[Hominidae]], die voorouers van die mens, het in Afrika sy verskyning gemaak. Van die [[kontinent]]e het verder geskuif – die belangrikste is [[Suid-Amerika]] wat laat in die Plioseen tot teen [[Noord-Amerika]] geskuif het. Dit het die warm seestrome van die [[Stille Oseaan|Stille]] na die [[Atlantiese Oseaan]] afgesny. Die aarde se [[klimaat]] het aansienlik afgekoel tydens die Neogeen, en dit het gelei tot ’n reeks ysvormings in die daaropvolgende Kwartêr.
 
== Klimaat en geografie ==
Die [[kontinent]]e was in die Neogeen baie na aan hul huidige posisie. Seevlakke het gedaal en landbrûe het gevorm tussen [[Afrika]] en [[Eurasië]] en tussen Eurasië en [[Noord-Amerika]].
 
Die seisoene het ontstaan en die [[klimaat]] het steeds kouer en droër geword. Die ys op die pole het dikker geword en teen die einde van die periode het die eerste van ’n reeks ysvormings van die huidige [[Ystydperk]] begin.
 
== Flora en fauna ==
Die see- en landlewe was teen dié tyd redelik modern. [[Soogdier]]e en [[voël]]s het steeds die dierelewe buite die see oorheers en het talle vorme aangeneem namate hulle by verskeie [[habitat]]s aangepas het. Die eerste Hominidae, die voorouers van die mens, het in Afrika ontstaan en na Eurasië versprei.
 
Meer grassoorte het ontstaan en plantetende soogdiere, soos [[perd]]e, [[bok]]ke en [[bison]]s, het saam daarmee ontwikkel.
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.geosun.sjsu.edu/~jhendricks/AtlasTemp/neogene.html Digitale Atlas van Neogeen-lewe]
* {{CommonsKategorie-inlyn|Neogene}}
<br />
{{Fanerosoïese_Eon}}
 
[[Kategorie:Neogeen| ]]
[[Kategorie:Kainosoïkum]]
 
{{Link GA|es}}
47 736

wysigings