Verskil tussen weergawes van "Westerse Skisma"

34 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
k
Robot: fr:Grand Schisme d'Occident is 'n goeie artikel; kosmetiese veranderinge
k (Verplasing van 38 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q26189)
k (Robot: fr:Grand Schisme d'Occident is 'n goeie artikel; kosmetiese veranderinge)
Die '''Westerse Skisma'''<ref>Western Schism. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica</ref><ref> Salembier, L. (1912). Western Schism. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. http://www.newadvent.org/cathen/13539a.htm</ref> was ‘n kerkskeuring in die [[Rooms-Katolieke Kerk]] vanaf [[1378]] tot [[1417]] waarin [[pous]]e en [[teenpous]]e mekaar geopponeer het. Die konsilie van Constance het uiteindelik ‘n einde gebring aan die skisma deur die kerk weer te verenig onder die gesag van die pous van [[Rome]]. Die woord “Westerse” dui aan dat die skeuring in die Westerse wêreld voorgekom het en is te onderskei van die Groot Skisma tussen die Christendom van die Weste, met hoofsetel in Rome, en dié van die Ooste met hoofsetel in [[Bisantium]], wat reeds in [[1054]] ontstaan het.
 
== Oorsprong ==
Die skeuring was nie geskoei op verskille in teologie of geloof nie, maar was uitsluitlik polities van aard. In [[1378]] keer [[Pous Gregorius XI]] terug na [[Rome]], nadat die pous vir tientalle jare in [[Avignon]] gesetel was. Oorspronklik was die verskuiwing na Avignon weens die onstuimige toestand in Rome, maar deur die verkiesing van ‘n meerderheid Franse kardinale het dit gedreig om permanent te word, te meer omdat die Franse koning graag die mag van die pous onder sy jurisdiksie wou hê.
 
Die kardinale het gou spyt gekry van hulle beslissing en op [[20 September]] [[1378]] vertrek hulle na Fondi en kies [[Teenpous Clemens VII|Clemens VII]] as pous. Clemens, ‘n boorling van Genève, vestig hom in Avignon en kry die steun van die Franse koning, gevolg deur Aragon, [[Boergondië]], [[Napels]] en [[Skotland]]. [[Engeland]], [[Vlaandere]], [[Ierland]], [[Noorweë]], [[Swede]], [[Pole]], die [[Heilige Romeinse Ryk]] en Noord-Italië steun egter die pous in Rome.
 
== Verloop ==
As gevolg van die skisma het twee groepe in die Kerk ontstaan. Een groep (die konsilianiste) was van mening dat konsilies die oppergesag moes wees, terwyl die ander groep (die kurianiste) geglo het dat alleen die pous oppermagtig moes wees. Deurdat die gesag van die pous verskraal is, kon vorste en biskoppe makliker besluite neem sonder pouslike goedkeuring, iets wat gelei het tot misstappe wat later deur die Reformasie benut is.
 
In [[1409]] het die konsilie van [[Pisa]] probeer om die probleem op te los deur beide pouse [[Pous Gregorius XII]] en [[Teenpous Benedictus XIII]] af te set en ‘n nuwe pous [[Teenpous Alexander V]] te verkies. Alexander het sy intrek in Bologna geneem. Omdat die ander twee hulle nie aan die konsilie gesteur het nie, was daar nou drie pouse gelyktydig.
 
== Einde ==
Uiteindelik kry die konsilie van Konstanz in [[1415]] dit reg, met die hulp van die keiser van die [[Heilige Romeinse Ryk]], om die twee teenpouse [[Teenpous Johannes XIII]] en [[Teenpous Benedictus XIII]] af te set en die pous in Rome [[Pous Gregorius XII]] te laat bedank. Die konsilie verkies toe [[Pous Martinus V]] as die nuwe en enigste pous. Benedictus het hom egter nie sommer laat afset nie en na sy dood verkies sy aanhangers [[Teenpous Clemens VIII]], maar hy het min aanhangers oorgehou toe die koning van Aragon, Alfonso V, hom by Pous Martinus skaar. Selfs na die dood van Clemens word [[Teenpous Benedictus XIV]] verkies om die Avignon-pousdom voort te sit. In [[1467]] loop die skeuring egter heeltemal dood.
 
{{WesterseSkisma}}
 
== Bibliografie ==
* Maxwell-Stuart, P. G. (2002). ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson. ISBN 05000179800-500-01798-0.
 
== Verwysings ==
{{reflist}}
 
== Eksterne Skakels ==
{{En-Wikisource info|Catholic Encyclopedia (1913)/Western Schism}}
* {{CE|http://www.newadvent.org/cathen/13539a.htm}}
* {{VH|http://www.vaticanhistory.de/vh/html/urban_vi_.html}}
 
== Nota ==
Saamgestel en vertaal uit die [[:nl:Westers Schisma|Nederlandse]], [[:en:Western Schism|Engelse]], [[:de:Abendländisches Schisma|Duitse]] en [[:fr:Grand Schism d’Occident|Franse]] wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
 
[[Kategorie:Rooms-Katolieke Kerk]]
 
{{Link GA|fr}}
[[Kategorie:Rooms-Katolieke Kerk]]
 
[[da:Skisma#Det store skisma / Øst-vest-skismaet]]
47 778

wysigings