Verskil tussen weergawes van "Wes-Indiese nasionale krieketspan"

geen wysigingsopsomming nie
(afronding van vertaling)
Die '''Wes-Indië nasionale krieketspan''' is die nasionale krieketspan van [[Wes-Indië]]. Die span staan ook bekend as die Wes-Indiese Eilande of, in die omgangstaal, die Windies, en is 'n multi- nasionale krieketspan in 'n sportkonfederasie wat 15 hoofsaaklik Engelssprekende Karibiese lande, Britse afhanklikhede en nie-Britse afhanklikhede verteenwoordig.
 
Van die middel-1970's tot die vroeë 1990's, was die Wes-Indiese span een van die sterkstesterkstes in die wêreld in [[Toetskrieket|toets]]- en [[Internasionale eendagwedstryd|internasionale eendagkrieket]]. 'n Hele aantal spelers, beskou as van die beste in die wêreld, is afkomstig van die Wes-Indiese Eilande: Sir Garfield Sobers, Lance Gibbs, Gordon Greenidge, George Headley, Brian Lara, Clive Lloyd, Malcolm Marshall, Andy Roberts, Alvin Kallicharran, Rohan Kanhai, Sir Frank Worrell, Clyde Walcott, Everton Weekes, Curtly Ambrose, Michael Holding, Courtney Walsh, Joel Garner en Sir Viv Richards is almal ingelyf in die "ICC Hall of Fame" <ref>{{cite web|url=http://www.catchthespirit.com/hall_of_fame/hall_of_famers.aspx|title=ICC Hall of Fame|publisher=ICC|accessdate=23 September 2009}}</ref>.
 
Die Wes-Indiese Eilande het die IKR Krieket Wêreldbeker tweekeer verower, in 1975 en 1979, die IKR Twintig20-wêreldbeker eenkeer, in 2012, die IKR Kampioenetrofee eenkeer, in 2004, en was naaswenners in die o.19-Wêreldbeker-toernooi in 2004. Hulle was die eerste krieketspan om die Wêreldbeker-toernooi tweekeer te wen, maar hul rekord is later oortref deur vier Wêreldbeker-oorwinnings deur [[Australië nasionale krieketspan|Australië]] en geëwenaar deur [[Indië nasionale krieketspan|Indië]] in 2011. Wes-Indië is ook die eerste span om agtereenvolgende Wêreldbeker-toernooie te wen, dit is sederdien oortref deur drie agtereenvolgende Wêreldbeker-oorwinnings deur Australië (1999, 2003 en 2007). Wes-Indië was die eerste span om in drie agtereenvolgende Wêreldbeker-toernooie te verskyn (1975, 1979 en 1983), sederdien oortref deur vier agtereenvolgende Wêreldbeker-toernooi verskynings deur Australië (in 1996, 1999, 2003 en 2007).
{{Verwysings}}
 
{{en-vertaal|pl=https://en.wikipedia.org/w/index.php?title=West_Indies_cricket_team&oldid=600842977}}
{{en-vertaal|West Indies cricket team}}
{{Saadjie}}
 
78 746

wysigings