Verskil tussen weergawes van "Universiteit van Wes-Kaapland"

geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:University of the Western Cape - View towards main library.jpg|thumb|Die Biblioteek]]
[[Lêer:University of Western Cape - Inside main library.jpg|thumb|Binne die Biblioteek]]
 
Die '''Universiteit van Wes-Kaapland''' ('''UWK'''), of ook die University of the Western Cape (UWC), is in [[1960]] opgerig as 'n universiteit vir [[Kleurling]]e in [[Bellville]], naby [[Kaapstad]]. Ander universiteite in of naby Kaapstad is die [[Kaapstadse Universiteit]] (University of Capetown, UCT, oorspronklik vir Engelstalige blankes) en die [[Universiteit van Stellenbosch]] (oorspronklik vir [[Afrikaans|Afrikaanssprekende]] blankes). Die stigting van UWK was 'n tipiese apartheidsfenomeen, 'n direkte gevolg van die Wet op aparte universiteite, wat in [[1957]] aangeneem is. Met dié wet is die segregasie tot in die hoër onderwys deurgevoer. [[Kleurling]]e het slegs toegang gehad tot 'n beperk aantal universiteite en is nie meer toegelaat nie op blanke universiteite. Ook ander 'etniese universiteite', soos die Universiteit van Zululand en die Universiteit van die Noorde is in dié tydvak opgerig.
 
==Beginperiode==
UWK was oorspronklik 'n 'boskollege', dit wil sê dat dit nie 'n outonome universiteit was nie, maar onder gesag van die [[UNISA]] gestaan het. Die onderwys was boonop gerig op die opleiding van kleurlinge vir funksies op laer en middelbare vlak binne die eie kleurlinggemeenskap, spesiaal vir funksies van opleiding en dienslewering. In die eerste jare na die oprigting van UWK het die akademiese personeel uitsluitlik bestaan uit blankes, veral Afrikaners; 'n groot deel van die dosente het van die Universiteit van [[Stellenbosch]] gekom. Die taal was in die meeste van die lesings [[Afrikaans]] gewees. Die eerste rektor was prof J G Meiring*<ref>DIE BURGER LAASTE, 29 April 1991, bladsy 8: Dr. J.G. Meiring</ref>. Die universiteit het klein begin: in die eerste jaar was 166 studente geregistreer en was daar 17 stafmedewerkers. Eers in 1970 het UWK die universitêre status verkry en kon universitêre diplomas en grade uitgereik word.
 
* DIE BURGER LAASTE,29 April 1991 bladsy 8:Dr. J.G. Meiring
 
==Verset teen apartheid==
In die jare tagtig en negentig het die universiteit meer en meer 'n linkse beeld gekry. Rektor [[Jakes Gerwel]] maak van UWK 'n "intellektuele tuiste vir linksgesindes", met baie aandag vir sosiale en politieke kwessies. Studente uit agterstandsposisies was baie welkom en die universiteit het naas kleurlinge ook meer en meer swart studente getrek. Gerwel is in [[1995]] opgevolg deur Cecil Abrahams, wat in [[2001]] op sy beurt opgevolg is deur Brian O'Connell. By die hervorming van die Suid-Afrikaanse hoër onderwys in [[2002]], het UWK die status van 'n outonome universiteit behou.
 
==Bronne / Eksterne skakels==
* [http://www.uwc.ac.za Webtuiste van die Universiteit van Wes-Kaapland]
* Du Pré, R.H. (1996) ''Historical positioning''. In: Thomas, Cornelis C. (1997) ''Wakker wakker en aan die brand; Waarneminge van 'n studente-aktivis, UWK 1976''. Mayibuye History and Literature Series No.75.
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels==
* [http://www.uwc.ac.za Webtuiste van die Universiteit van Wes-Kaapland]
 
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse universiteite]]