Verskil tussen weergawes van "Novalis"

1 greep bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
Sy literêre werke het meestal uit sy beroepsloopbaan voortgespruit, ook in die tyd van sy studies, want naas sy digkuns, fragmente en essays is 'n groot verskeidenheid aantekeninge oor geskiedenis en politiek, filosofie, godsdiens, estetiek en die geskiedenis van natuurwetenskappe oorgelewer.
 
Hardenberg het alles versamel, waarmee hy sy kennis opgedoen het, uitvoerig daaroor gereflekteer en in onderlinge samehang beskou om 'n alomvattende ensiklopedie van kunste en wetenskappe te skep. Na hierdie aantekeninge, wat van 1798 en 1799 dateer, wrdword ook as ''Allgemeine Brouillon'' verwys.
 
As skrywer het hy saam met Friedrich Schlegel die fragment van 'n spesifiek Romantiese literêre kunsvorm ontwikkel. Sy strewe na 'n "Romantisering van die wêreld" en sy soektog na 'n verbinding tussen wetenskap en poësie staan sentraal in sy literêre werk. Sy doelwit was om 'n "progressiewe universele poësie" te ontwikkel. Hardenberg was daarvan oortuig dat filosofie en digkuns in wisselwerking met mekaar moet wees.