Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
→‎Biografie: verwyder selfskakel
 
==Biografie==
'''Pous Johannes Paulus I'''<ref> John Paul I. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.</ref> is gebore as [['''Albino Luciani]]''' op [[17 Oktober]] [[1912]] in Forno di Canale, [[Italië]]. Hy was die oudste seun van Giovanni Luciani en Bartolomea Tancon. Luciano word priester gewy op [[7 Julie]] [[1935]] in die San Pietro-kerk in Belluno deur biskop Giosue Cattarossi. Op [[23 November]] [[1946]] promoveer hy magna cum laude met ‘n proefskrif oor die oorsprong van die menslike siel. Op [[27 Desember]] [[1958]] word hy biskop van Vittorio Veneto en op [[3 Februarie]] [[1969]] word hy patriarg van Venesië. Hy word kardinaal-priester op [[5 Maart]] [[1973]] met San Marci in Rome as titelkerk. Op [[26 Augustus]] [[1978]] volg hy [[Pous Paulus VI]] op en regeer tot sy dood op [[28 September]] [[1978]]. Hy word opgevolg deur [[Pous Johannes Paulus II]].
Die naam ‘Johannes Paulus’ is ‘n saamvoeging van die name van die pous se twee voorgangers.
===Kerklike loopbaan===
*[[5 Maart]] [[1973]] – Kardinaal-priester van San Marco
*[[26 Augustus]] [[1978]] – Pous van Rome
 
==Pontifikaat==
Op [[27 Augustus]] [[1978]] ‘n dag na sy verkiesing hou hy ‘n toespraak waarin hy verklaar die werk van sy twee voorgangers te wil voortsit. Op [[7 September]] [[1978]] onderstreep hy die siening in ‘n toespraak tot die klerus deur hulle daarop te wys dat hulle verantwoordelik is vir die gelowiges. Hy sien meditasie as ‘n belangrike hulpmiddel in die uitvoering van die pligte van die geestelikheid. By sy kroning het hy afgesien van die gebruik van die tiara en is slegs met die pallium omhul. Pous Johannes Paulus I het slegs vier algemene oudiënsies gegee tydens sy kort bewind. Al vier het in die teken van die kategismus gestaan.
10 600

wysigings