Verskil tussen weergawes van "George-museum"

13 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
| website = http://www.westerncape.gov.za/eng/directories/facilities/131/4616
}}
[[Lêer:GM3.jpg|thumb|alt=wood carving : ''victorian Hotel,old museum building''|''George Museum'' (in [[George]], Wes-Kaap, Suid-Afrika)]]
 
'''Die George Museum ''' is ‘n kultuur-historiese [[museum]] geleë in [[George]], [[Wes-Kaap]], [[Suid Afrika]]. Die hooftema van die museum is die plaaslike geskiedenis van George, met die fokus op die inheemse houtindustrie van die omgewing. Daar is ook 'n uitstallokaal waar Suid-Afrikaanse kuns gehuisves word. Die museum is gestig deur Charles Sayers in 1967, en is aanvanklik in ‘n enkele vertrek in Courtenaystraat gehuisves. Die museum is tans in die Drostdy, die woning en kantoor van die landdros, wat omstreeks 1813 onder toesig van die eerste landdros van George, Adrian van Kervel, gebou is. Die Drostdy-gebou was ook voorheen die geskiedkundige Victoria Hotel.
[[Lêer:GM2.jpg|thumb|alt=wood carving : ''victorian Hotel,old museum building''|''Die voormalige Victoria Hotel'', wat tans die (George Museum, Wes-Kaap, Suid-Afrika)huisves]]
 
==Geskiedenis ==
Die George Museum het sy oorsprong in die private versameling van Charles Sayers. Hy was ook die voormalige eienaar en later redakteur van die George & Knysna Herald, 'n koerant wat deur sy ouers in 1881 gestig is. Sayers het voorwerpe en items van kultuur-historiese belang met betrekking tot George uitgestal en bewaar, met 'n spesifieke belangstelling in ou meganiese musiekinstrumente en tikmasjiene.<ref name="Sayers">Sayers, c. 1982. Looking back on George. Herald Phoenix (Pty) Ltd. George.</ref>. In 1967 word Sayers se "Mini Museum" geopen, geleë in ‘n enkelvertrek langs 'n kafee in Courtenaystraat. Die museum was dadelik baie gewild en onder aansporing van die plaaslike owerhede word die museum deur Charles Sayers verskuif na die historiese ou Stadshuis, 'n administratiewe gebou opgerig in 1847. Daarna trek die Sayers Museum die aandag van die owerhede en skaars ses maande na die verskuiwing na die ou Stadshuis, word die museum ‘n geaffilieerde museum van die Kaapse Provinsiale Museumdiens, met die inheemse houtnywerheid as hooftema. Weens toenemende gewildheid en gebrek aan spasie, verskuif die museum gou weer na 'n groter gebou, die ou Drostdy (landdros se woning en kantoor). Hier word die oorspronklike museum van Sayers gerekonstrueer as die "Mini Museum" in die huidige George Museum.<ref name="Sayers" />
 
Die Drostdy is oorspronklik gedurendeomstreeks c.1813, onder toesig van die eerste landdros van George, Adrian van Kervel opgerig. In 1826 het die Drostdy afgebrand en is dit weer gedeeltelik herbou. Teen die die einde van die 19de eeu word dit in die legendariese Victoria Hotel omskep. In 1972 het die Munisipaliteit van George die gebou gekoop en gerestoureer. Sedert 1976 huisves hierdie gebou die George Museum. Die Drostdy of hedendaagse museum, huisves 'n verskeidenheid interessante uitstallings, onder andere die florerende houtnywerheid van die gebied met voorbeelde van ou houtwerkimplemente en -gereedskap, 'n geelhout-boskappershut en aanplantings van inheemse bome in die tuin.<ref name="Stals">Stals, E.L.P. 1961. George, die verhaal van die dorp en distrik: Munisipaliteit Afdelingsraad van George. Procclesia Drukkery. Stellenbosch.</ref>
 
===Stigting van George===
Dokumente, genealogiese dokumentasie, foto's, boeke en koerante verwant aan die geskiedenis van George word in die argief gehuisves.
 
===Galery van historiese foto's ===
<gallery>
Lêer:Davidson Road.jpg|<center>Davidsonstraat</center>
</gallery>
 
===Opvoedkundige programme ===
[[File:GM1.jpg|thumb|alt=wood carving : ''Cape Aloe''|''Medisinaalen plant''Medisinale aalwynplant, George area, Wes-Kaap, Suid-Afrika.]]
Die George Museum bied ‘n wye verskeidenheid opvoedkundige programme vir leerders aan. Die volgende kurrikulum-verwante opvoedkundige programme word jaarliks aangebied by die George Museum.
 
10 090

wysigings