Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
Robot: fi:Johannes Paavali I is 'n voorbladartikel; kosmetiese veranderinge
|termyn_begin=[[26 Augustus]] [[1978]]
|termyn_einde=[[28 September]] [[1978]]
|voorganger=[[Pous Paulus VI |Paulus VI]]
|opvolger=[[Pous Johannes Paulus II|Johannes Paulus II]]
|geboortedatum=[[17 Oktober]] [[1912]]
'''Johannes Paulus I''' was die 263ste [[pous]] van die [[Rooms-Katolieke Kerk]] vir 33 dae, in [[1978]]. Hiermee is hy 10de op die [[Lys van kortste pontifikate]]. Hy staan bekend as die “laggende pous”. Voor sy verkiesing was hy patriarg van [[Venesië]]. Hy was die enigste pous wat die agtervoegsel “I” (die eerste) by sy naam gevoeg het.
 
== Biografie ==
'''Pous Johannes Paulus I'''<ref> John Paul I. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.</ref> is gebore as '''Albino Luciani''' op [[17 Oktober]] [[1912]] in Forno di Canale, [[Italië]]. Hy was die oudste seun van Giovanni Luciani en Bartolomea Tancon. Luciano word priester gewy op [[7 Julie]] [[1935]] in die San Pietro-kerk in Belluno deur biskop Giosue Cattarossi. Op [[23 November]] [[1946]] promoveer hy magna cum laude met ‘n proefskrif oor die oorsprong van die menslike siel. Op [[27 Desember]] [[1958]] word hy biskop van Vittorio Veneto en op [[3 Februarie]] [[1969]] word hy patriarg van Venesië. Hy word kardinaal-priester op [[5 Maart]] [[1973]] met San Marci in Rome as titelkerk. Op [[26 Augustus]] [[1978]] volg hy [[Pous Paulus VI]] op en regeer tot sy dood op [[28 September]] [[1978]]. Hy word opgevolg deur [[Pous Johannes Paulus II]].
Die naam ‘Johannes Paulus’ is ‘n saamvoeging van die name van die pous se twee voorgangers.
 
=== Kerklike loopbaan ===
* [[7 Julie]] [[1935]] – Priester gewy
* [[27 Desember]] [[1958]] – Biskop gewy
* [[15 Desember]] [[1969]] – Patriarg van Venesië
* [[5 Maart]] [[1973]] – Kardinaal-priester van San Marco
* [[26 Augustus]] [[1978]] – Pous van Rome
 
== Pontifikaat ==
Op [[27 Augustus]] [[1978]] ‘n dag na sy verkiesing hou hy ‘n toespraak waarin hy verklaar die werk van sy twee voorgangers te wil voortsit. Op [[7 September]] [[1978]] onderstreep hy die siening in ‘n toespraak tot die klerus deur hulle daarop te wys dat hulle verantwoordelik is vir die gelowiges. Hy sien meditasie as ‘n belangrike hulpmiddel in die uitvoering van die pligte van die geestelikheid. By sy kroning het hy afgesien van die gebruik van die tiara en is slegs met die pallium omhul. Pous Johannes Paulus I het slegs vier algemene oudiënsies gegee tydens sy kort bewind. Al vier het in die teken van die kategismus gestaan.
Omdat die pos so onverwags gesterf het was daar na sy dood spekulasie oor die doodsoorsaak. Die Vatikaan het ‘n hartaanval aangegee en verdere ondersoeke het nooit iets anders opgelewer nie. Verskeie spekulasie het gesuggereer dat die pous vergiftig is omdat hy skandale van die Vatikaanse Bank sou wou ondersoek.<ref> Burkle-Young, F.A. 1999,‘’Passing the keys. Modern Cardinals, Conclaves and the Election of the next Pope’’ New York, p. 267</ref>
=== Die kollege van kardinale ===
Pous Johannes Paulus I het geen nuwe kardinale aangestel gedurende sy kort pontifikaat nie.
 
=== Saligverklarings ===
Pous Johannes Paulus I het geen persone salig verklaar nie.
=== Heiligverklarings ===
Pous Johannes Paulus I het geen persone heilig verklaar nie
 
== Bibliografie ==
* Duff, Eamon (2001). ''Saints and Sinners: A History of the Popes'', Yale University Press. ISBN 03000916560-300-09165-6.
* Maxwell-Stuart, P. G. (2002). ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson. ISBN 05000179800-500-01798-0.
 
== Verwysings ==
{{reflist}}
{{refbegin}}
{{refeindig}}
 
== Eksterne skakels ==
* [http://atheism.about.com/library/glossary/western/bldef_johnpauli.htm Onafhanklike biografie]
* {{VH|http://www.vaticanhistory.de/vh/html/johannes_paul_i_1.html}}
* {{CA|http://www2.fiu.edu/~mirandas/bios-l.htm#Luciani}}
* {{CH|http://www.catholic-hierarchy.org/bishop/bluciani.html}}
* {{PapalLib|https://www.saint-mike.org/library/papal_library/john_pauli/johnpauli.html}}
{{Commons-kategorie|Johannes Paulus I|Johannes Paulus I}}
 
== Nota ==
Saamgestel en vertaal uit die [[:nl:Paus Johannes Paulus I|Nederlandse]], [[:en:Pope John Paul I|Engelse]], [[:de:Johannes Paul I.|Duitse]] en [[:fr:Jean-Paul Ier|Franse]] wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
 
== Opvolging ==
{{s-start}}
{{s-bef|voor=[[Pous Paulus VI|Paulus VI]]}}
{{teenpouse}}
 
[[Kategorie: Pouse|Johannes Paulus I]]
[[Kategorie:Heiliges in die Christendom|Johannes Paulus I]]
[[Kategorie: Rooms-Katolieke Kerk]]
 
{{Link FA|fi}}
47 543

wysigings