Verskil tussen weergawes van "Novalis"

72 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
k
=== Dood ===
[[Lêer:Novalis-haus small.jpg|thumb|regs|Die Novalis-huis in Weißenfels waar die skrywer in 1801 oorlede is]]
Op 25 Maart 1801 is Friedrich von Hardenberg om een uur smiddags in Weißenfels, in die aanwesigheid van sy broer Karl en sy vriend Friedrich Schlegel, weens bloeding dood wat hy as gevolg van tuberkulose opgedoen het. Vermoedelik is hy deur Friedrich Schiller aangesteek terwyl hy hom versorg het. Waarskynlik het hy al in Augustus 1800 'n ongeneesbare longsiekte opgedoen sodat hy sy beroep nie meer kon uitoefen nie. Onlangse navorsing dui daarop dat hy moontlik aan sistiese fibrose, 'n genetiese siekte, oorlede is. Hierdie hipotese word gesteun deur die feit dat Novalis reeds van kindsbene af aan longontstekings en liggaamsverswakking gely het.
 
Die digter is op die ou begraafplaas in Weißenfels ter ruste gelê. Wat sy literêre werk betref, het hy net die publikasie van sy ''Blüthenstaub''-fragmente, die fragment-versameling ''Glaube und Liebe oder der König und die Königin'' (1798) en die ''Hymnen an die Nacht'' (1800) nog self beleef. Die onvoltooide romans ''Heinrich von Ofterdingen'' en ''Die Lehrlinge zu Sais'' is net soos 'n toespraak, wat later as ''Die Christenheit oder Europa'' bekend sou staan, eers postuum in opdrag van sy vriende Ludwig Tieck en Friedrich Schlegel gepubliseer.