Verskil tussen weergawes van "Jane Seymour"

14 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
(Skakels)
(→‎Koningin: Skakel)
==Koningin==
[[Lêer:Coat of Arms of Jane Seymour.svg|thumb|left|180px|Jane Seymour se wapen as koningin.]]
Op 30 Mei 1536, elf dae ná Anna se teregstelling op aanklagte van owerspel, bloedskande en hoogverraad, is die koning met Jane getroud. Sy is nooit gekroon nie weens die uitbreek van [[Swart Dodd|builepes]] in [[Londen]], waar die kroning sou plaasvind, maar sy is op 4 Junie amptelik as koningin-gemaal verklaar.
 
As koningin was die [[Katoliek]]e Jane streng en formeel en polities onbetrokke. Sy het probeer om Hendrik se oudste dogter, [[Maria I van Engeland|Maria]], weer op die lys van aanspraakmakers op die troon te kry ná enige van haar eie kinders en om haar na die hof te laat terugkeer. Hoewel Maria se aanspraak op die troon nie toe herstel is nie, het sy weer met haar pa versoen geraak.
Vroeg in 1537 het Jane swanger geraak en op 12 Oktober het sy die lewe geskenk aan Edward. Die geboorte was moeilik; Jane was twee dae en drie nagte in kraam, waarskynlik weens die posisie van die baba in die baarmoeder.<ref>{{cite web|url=http://tudorstuff.wordpress.com/2009/03/21/the-death-of-jane-seymour-a-midwifes-view/ |title=The death of Jane Seymour&nbsp;– a Midwife’s view |publisher=Tudorstuff|date=2009-03-21 |accessdate=2010-10-24}}</ref> Sy is op 24 Oktober 1537 oorlede. Dit is onseker wat die presiese oorsaak van haar dood was. Sy is op 12 November 1537 in die Sint George-kapel by [[Windsor-kasteel]] begrawe.
 
Ná haar dood het Hendrik drie maande lank swart gedra en hy is eers drie jaar later weer getroud, hoewel onderhandelings vir ’n nuwe bruid net ná haar dood begin het.
 
==Verwysings==