Verskil tussen weergawes van "Lens"

988 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
Uitgebrei
(Uitgebrei)
(Uitgebrei)
===CD- en DVD-spelers===
Hier word ’n miniatuurlens gebruik om die laserstraal op die spore te fokus.
 
==Nie-optiese lense en spieëls==
Buiten vir lig is dit ook moontlik om "lense" te maak om "strale" van ander golfverskynsels van rigting te laat verander. ’n Bekende gebruik is die fokus van [[elektron]]ebundels in elektronemikroskope. In katodestraalbuise, soos in klassieke [[televisie]]toestelle en [[rekenaar]]skerms, is daar elektronelense wat die elektronebundels op die skerm fokus en so vir ’n skerper beeld sorg. Ook vir die fokus van [[Deeltjiefisika|deeltjiebundels]] in [[deeltjieversneller]]s word elektronelense gebruik.
 
In [[sterrekunde]] is sprake van ’n [[gravitasielens]], waar ligstrale afgebuig word in ’n [[swaartekrag]]veld. Dié verskynsel, wat beskryf word deur die [[algemene relatiwiteitsteorie]], moet ingereken word by waarnemings naby swaar voorwerpe soos die [[son]], ’n [[sterrestelsel]] of ’n [[swartkolk]].
 
In [[geofonie]] word vir [[Seismologie|seismiese]] ondersoeke gebruik gemaak van die afbuiging van [[geluid]]sgolwe in gesteentes.
 
==Eksterne skakels==