Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

8 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
Ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog is in 1953 in Ulm (deelstaat [[Baden-Württemberg]]) die ''Hochschule für Gestaltung (HfG Ulm)'' onder leiding van Max Bill, wat sy opleiding by die Bauhaus gekry het, gestig. Die skool was op dieselfde konsep gegrond as die oorspronklike Bauhaus en is in sy grafiese werk onder meer deur Switserse tipografie beïnvloed.
 
'n Reeks gelisensieerde meubels en gebruiksvoorwerpe, wat tot vandag toe die publiek se waarneming ten opsigte van die unieke Bauhaus-styl beïnvloed, het in die vroeë 1970's verskyn. Die oorlogskade aan die Bauhaus-gebou in Dessau is aanvanklik net gedeeltelik herstel. In 1964 is die Bauhaus Dessau tot 'n nasionale monument verklaar, maar restourasiewerk het eers in 1976 begin. In 1996 is die gebou deur [[UNESCO]] as 'n [[wêrelderfenisgebied]] gelys, en ná omvattende herstelwerk is ter geleentheid van sy 80jarige jubileum in Desember 2006 'n uitstalling onder die titel ''Ikone der Moderne - das Bauhausgebäude in Dessau'' in die gebou gehou.<ref>''Der Fischer Weltalmanach 2008''. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2007, bl. 734</ref>
 
== Fotografie ==
98 784

wysigings