Verskil tussen weergawes van "Dans"

8 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k
k (Robot: frr:Daans is 'n goeie artikel; kosmetiese veranderinge)
Daar was 'n voortdurende wisselwerking: in tye van agteruitgang het die hof- en geselskapsdans nuwe krag uit die volksdans geput, wat op sy beurt kultuurelemente uit die ander danse opgeneem het. Uit hierdie vermenging het [[ballet]] ontstaan. Aan die begin van die twintigste eeu het die geselskapsdans, volksdans en ballet hulle in 'n netelige situasie bevind: Die geselskapsdans het die gesonde kontak met die volksdans verloor en hom oorgegee aan eksotiese invloede uit Suid-Amerika en Afrika.
 
Met die verdwyning van tradisionele kleredrag en ou sedes en gewoontes het die volksdans baie van sy sinrykheid verloor. Ballet het ná die opbloei van die [[Romantiek]] net 'n starre en sinlose tradisie geword. [[Isadora Duncan]] het egter 'n vernuwing gebring en die ideaal van die Griekse dans in ere herstel. Daarmee het sy 'n nuwe drang tot skoonheid en lewende uitdrukkingsvermoë geskep.
 
=== Moderne dans ===