Verskil tussen weergawes van "Noordwes-Universiteit"

geen wysigingsopsomming nie
(opd studentegetal)
}}
 
Die '''Noordwes-Universiteit''' (bynaam "Pukke"), voorheen bekend as die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (afgekort: PU vir CHO) en die Universiteit van Noordwes is in [[2004]] gestig. Dit is ’n medium grootte [[Suid-Afrika]]anse universiteit. Onderrig geskied hoofsaaklik in [[Afrikaans]] op die [[Potchefstroom]]-kampus en in [[Engels]] op die ander kampusse, naamlik [[Mahikeng]], [[Mankwe]] en [[Vaaldriehoek]] ([[Vanderbijlpark]]).
 
== Geskiedenis ==
Die Potchefstroomse Universiteit het ontwikkel uit die Teologieskool van die [[Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika]] (afgekort GKSA), wat op [[29 November]] [[1869]] op [[Burgersdorp]] (Kaapprovinsie) gestig is met die grondlegger van die GKSA, ds. [[Dirk Postma]], as eerste lektor. By die stigtingsvergadering is besluit dat die skool onderrig sal verskaf aan toekomstige onderwysers en ander persone, sonder om enige voorkeur aan ’n spesifieke professie te gee. Aanvanklik was daar vyf studente en twee lektore, Postma en ds. [[Jan Lion Cachet]].
 
In [[1877]] word ’n "Letterkundedepartement" gevestig, met een [[professor]], ds. [[Petrus Postma]], 'n seun van ds. [[Dirk Postma]], wat die spesifieke doel gehad het om studente op te lei vir ’n akademiese graad of as onderwysers.
80 294

wysigings