Verskil tussen weergawes van "Pous Eleuterus"

32 grepe verwyder ,  7 jaar gelede
→‎Eleuterus en die Montaniste: Duplikaat skakels verwyder
k (Skoonmaak using AWB)
(→‎Eleuterus en die Montaniste: Duplikaat skakels verwyder)
 
=== Eleuterus en die [[Montaniste]] ===
Die [[Montaniste]] het hulle oorsprong in [[Klein-Asië]] en verbrei na [[Rome]] en [[Gallië]] in die tweede helfte van die 2de eeu, rond die bewind van Eleuterus. Die besondere aard van die kettery het dit moeilik gemaak vir die [[Christene]] om standpunt daarteen in te neem. Gedurende die geweldadige vervolgings in [[Lyon]] in [[177]] het plaaslike aanhangers uit die gevangenis oor die nuwe beweging aan die gemeentes in [[Klein-Asië]] en [[Frigië]] en ook aan Pous Eleuterus geskryf. Die boodskapper was ouderling [[Irenaeus]] later [[biskop]] van [[Lyon]]. [[Eusebius]] beweer dat die Christene in Lyon, hoewel gekant teen die [[Montaniste]], geduld bepleit het om kerkeenheid te bewaar.
 
Presies wanneer die [[Rooms-Katolieke Kerk]] sterk standpunt teen die [[Montaniste]] ingeneem het, is nie bekend nie. [[Tertulianus]] beweer dat ‘n biskop van [[Rome]] ‘n paar versoenende briewe aan die [[Montaniste]] geskryf het, maar dat die briewe later teruggetrek is.
 
In [[Rome]] het die [[Gnostisisme|Gnostici]] en die [[Montaniste]] aangehou om teen die [[Rooms-Katolieke Kerk]] te preek. Pous Eleuterus het toe (waarskynlik) ‘n dekreet uitgevaardig waarin staan dat geen soort voedsel vir Christene onaanvaarbaar is.
 
== Verering ==