Verskil tussen weergawes van "Tuberkulose"

382 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
kassie
(kategorie)
(kassie)
{{Inligtingskas siekte
[[Lêer:Mycobacterium tuberculosis 8438 lores.jpg|thumb|250px|'n Skanderende mikrograaf van ''Mycobacterium tuberculosis''. ]]
|naam = Tuberkulose
 
|beeld = Tuberculosis-x-ray-1.jpg
|beeldgrootte = 260px
|onderskrif = ’n X-straal van ’n persoon met gevorderde tuberkulose. Die infeksie in albei longe word met wit pyltjies aangedui, en ’n gat wat ontstaan met swart pyltjies.
|DiseasesDB = 8515
|ICD10 = {{ICD10|A|15||a|15}}–{{ICD10|A|19||a|15}}
|ICD9 = {{ICD9|010}}–{{ICD9|018}}
|ICDO =
|OMIM = 607948
|MedlinePlus = 000077
|eMedicineSubj = med
|eMedicineTopic = 2324
|MeshID = D014376
}}
[[Lêer:Mycobacterium tuberculosis 8438 lores.jpg|thumb|250px260px|'n Skanderende mikrograaf van ''Mycobacterium tuberculosis''. ]]
'''Tuberkulose''', ook genoem '''TB''' (afkorting vir Tuberkel-basillus), '''phthisis''', en '''tering''', is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte.<!-- onduidelike sin: As dit nie behandel word nie, sal meer as 50% sterf binne 'n paar jaar.--> Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2-3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9-10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande.
 
 
== Simptome ==
[[Lêer:Tuberculosis-x-ray-1.jpg|thumb|left|200px| 'n X-straal foto van die borskas van 'n pasiënt met tuberkulose.]]
TB is veral 'n siekte van die longe maar in beginsel kan alle organe deur die bakterie aangetas word. In die Weste maak longtuberkulose ongeveer 60% van alle tuberkulose-gevalle uit. In byvoorbeeld Asiatiese lande kom tuberkulose relatief meer in ander organe ook voor, met limfkliertuberkulose as voorbeeld. Die mees algemene simptome van longtuberkulose is 'n aanhoudende hoes, gewigsverlies, nagswete, borskaspyn en die ophoes van [[bloed]] (hemoptise). "Oop longtuberkulose" beteken dat daar in die sputum na kleuring onder die mikroskoop tuberkulosebakterieë waargeneem word. Dit is die mees aansteeklike variant van longtuberkulose. Limfkliertuberkulose doen voor met 'n swelling van limfkliere, bv. in die nek. Dit is ook moontlik dat tuberkulose terselfdertyd op meer as een plek kan voorkom. Die simptome van tuberkulose buite die longe hang af van die plek waar die siekte voorkom. Met betrekking van die [[werwels]] is rugpyn 'n simptoom (genoem Pott se siekte). Ander plekke van voorkoms sluit in die pleura, sentrale senuweestelsel (met meningitis wat ontwikkel) en die genito-urinêre stelsel. Verspreiding buite die longe kom meer voor in persone met ingekorte immuniteit asook jong kinders. ''Miliêre tuberkulose'' is'n argaïese term wat nou gedissemineerde TB genoem word, en plaasvind wanneer die infeksie die sirkulasie binnedring en dit op [[x-strale]] lyk soos fyn voëlsaad (Eng. ''millet''). Dit is 'n ernstige aantasting.
 
 
== Behandeling ==
[[Lêer:World tb.png|thumb|250px|links|Wêreldwye verspreiding van TB. Gevalle per 100&nbsp;000; Rooi= >300, oranje = 200-300; geel = 100-200; groen 50-100 and grys <50. Van 'n 2006 ondersoek deur die ''WHO''.]]
Vergrote mediastinale limfkliere, konsolidasies regs onder (vir die waarnemer links) in die long en gedissemineerde tuberkulose kan gewoonlik behandel word met 'n kombinasie van geneesmiddels, wat meestal insluit [[isoniasied]] (INH), [[rifampisien]], pirasinamied en etambutol. Die behandeling is vir minstens 6 maande en kan newe-effekte hê. Die behandeling word meestal op 'n buitepasiënt-basis geneem met die nodige ondersteuning- en isolasiemaatreëls. 'n Minderheid van TB-pasiënte word opgeneem vir behandeling in die hospitaal.