Verskil tussen weergawes van "Trompetvis"

264 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
}}
 
Die '''Trompetvis''' (''Aulostomus chinensis'') is 'n straalvinnige [[vis]] in die [[familie (biologie)|familie]] van [[Trompetvisse]] (''Aulostomidae''). Die visse kom in die Indies-Pasifistiese area en aan die ooskus van [[Afrika]] tot by [[Oos-Londen]] voor. Die wetenskaplike naam vir die spesie is vir die eerste keer in 1766 deur [[Carolus Linnaeus]] gepubliseer. In Engels staan die vis as die ''Chinese trumpetfish'' bekend.
 
== Voorkoms ==
Die vis het 'n lang, skraal liggaam wat lateraal saamgepers is met 'n lang, buisvormige bek. Die liggaam is geel of bruin, met groen vinne. Die vis het 'n platter kop en lyf as die [[Fistulariidae|fluitbek]] en daar is 'n ry van 8-13 kort stekels voor die dorsale vin. Dit het ook nie die lang stertfilament soos die fluitbekke nie. Die liggaam is tot 80 cm lank.
 
Hierdie visse staan dikwels regop in die water, met die kop na onder, tussen seevere en koraal terwyl hulle vir prooi wag. Hulle dryf ook soms bewegingloos soos 'n stukkie hout rond. As 'n skool visse verby swem slaan hulle soos 'n bliksemstraal toe.
 
<gallery widths="200" heights="180">