Verskil tussen weergawes van "Mikrogolf"

779 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
opgebou uit en:wiki
No edit summary
(opgebou uit en:wiki)
'''Mikrogolwe''' is 'n vorm van [[elektromagnetiese straling]] met golflengtes wat wissel van so lank as een [[meter]] tot so kort as een millimeter, of anders gestel, met frekwensies tussen 300 MHz (0,3 GHz) en 300 GHz. Hierdie breë definisie sluit beide UHF (Ultra hoë frekwensie) en EHF (millimeter golwe) in, en verskeie bronne gebruik verskillende grense. In alle gevalle, sluit mikrogolf die hele SHF (superhoë frekwensie) band (3-30 GHz, of 10-1 cm) in, met radiofrekwensie (RF)-ingenieurswese wat dikwels die onderste grens op 1 GHz (30 cm) en die boonste op sowat 100 GHz (3 mm) plaas.
 
Die voorvoegsel "mikro-" in "mikrogolf" is nie bedoel om 'n golflengte in die mikrometerreeks voor te stel nie. Dit dui daarop dat mikrogolwe "kortklein" is in vergelyking met tipiese radiogolwe, inen dat hulle korter golflengtes besit. Die grense tussen die ver infrarooi lig, terahertz-straling, mikrogolwe, en ultra-hoë-frekwensie radiogolwe is redelik arbitrêr en is onder andere gebruik in verskillende studierigtings.
 
{| class=wikitable style="text-align:center; font-size:11px13px; float:left; margin:2px"
|- bgcolor= style="font-size: smaller;"
| colspan=8 align=center|'''Ligvergelyking'''
|}
{{clear}}
== Gebruike ==
Mikrogolftegnologie word wyd gebruik vir punt-tot-punt telekommunikasie (d.w.s. nie-uitsendinggebruike). Mikrogolwe is veral geskik vir hierdie gebruik, aangesien hulle maklik gefokus kan word in nouer bande as radiogolwe, sodat frekwensie hergebruik kan word; hul relatief hoër frekwensie laat breër bandwydte en 'n hoër data-oordragkoers toe. Antennagroottes is kleiner as by laer frekwensies omdat antennagrootte omgekeerd eweredig is aan die oordragfrekwensie. Mikrogolwe word ook gebruik in ruimtetuigkommunikasie, en baie van die wêreld se data-, TV- en telefoonkommunikasie word oor lang afstande deur mikrogolwe gedra tussen grondinstallasies en kommunikasiesatelliete. Mikrogolwe word ook in [[mikrogolfoond]]e en in radartegnologie ingespan.
 
{{Saadjie}}
{{en-vertaal|Microwave}}
106 899

wysigings