Verskil tussen weergawes van "George-museum"

6 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (Voyageur het bladsy Die George Museum na George-museum geskuif: Foutiewe titel)
k
{{Inligtingskas Museum
| Beeld = GM3.jpg
| Beeldonderskrif = George Museum-museum in [[George]], Wes-Kaap, Suid-Afrika
| Vorige naam =
| Ander name =
}}
 
Die '''George Museum-museum''' is ‘n kultuur-historiese [[museum]] geleë in [[George]], [[Wes-Kaap]], [[Suid Afrika]]. Die hooftema van die museum is die plaaslike geskiedenis van George, met die fokus op die inheemse houtindustrie van die omgewing. Daar is ook 'n uitstallokaal waar Suid-Afrikaanse kuns gehuisves word. Die museum is gestig deur Charles Sayers in 1967, en is aanvanklik in ‘n enkele vertrek in Courtenaystraat gehuisves. Die museum is tans in die Drostdy, die woning en kantoor van die landdros, wat omstreeks 1813 onder toesig van die eerste landdros van George, Adrian van Kervel, gebou is. Die Drostdy-gebou was ook voorheen die geskiedkundige Victoria Hotel.
 
[[Lêer:GM2.jpg|thumb|250px|alt=wood carving : ''victorian Hotel,old museum building''|Die voormalige Victoria Hotel, wat tans die George Museum-museum huisves]]
 
== Geskiedenis ==
=== Historiese agtergrond van die George Museum-museum ===
Die George Museum het sy oorsprong in die private versameling van Charles Sayers. Hy was ook die voormalige eienaar en later redakteur van die George & Knysna Herald, 'n koerant wat deur sy ouers in 1881 gestig is. Sayers het voorwerpe en items van kultuur-historiese belang met betrekking tot George uitgestal en bewaar, met 'n spesifieke belangstelling in ou meganiese musiekinstrumente en tikmasjiene.<ref name="Sayers">Sayers, c. 1982. Looking back on George. Herald Phoenix (Pty) Ltd. George.</ref> In 1967 word Sayers se "Mini Museum" geopen, geleë in ‘n enkelvertrek langs 'n kafee in Courtenaystraat. Die museum was dadelik baie gewild en onder aansporing van die plaaslike owerhede word die museum deur Charles Sayers verskuif na die historiese ou Stadshuis, 'n administratiewe gebou opgerig in 1847. Daarna trek die Sayers Museum die aandag van die owerhede en skaars ses maande na die verskuiwing na die ou Stadshuis, word die museum ‘n geaffilieerde museum van die Kaapse Provinsiale Museumdiens, met die inheemse houtnywerheid as hooftema. Weens toenemende gewildheid en gebrek aan spasie, verskuif die museum gou weer na 'n groter gebou, die ou Drostdy (landdros se woning en kantoor). Hier word die oorspronklike museum van Sayers gerekonstrueer as die "Mini Museum" in die huidige George Museum-museum.<ref name="Sayers" />
 
Die Drostdy is oorspronklik omstreeks 1813, onder toesig van die eerste landdros van George, Adrian van Kervel opgerig. In 1826 het die Drostdy afgebrand en is dit weer gedeeltelik herbou. Teen die die einde van die 19de eeu word dit in die legendariese Victoria Hotel omskep. In 1972 het die Munisipaliteit van George die gebou gekoop en gerestoureer. Sedert 1976 huisves hierdie gebou die George Museum-museum. Die Drostdy of hedendaagse museum, huisves 'n verskeidenheid interessante uitstallings, onder andere die florerende houtnywerheid van die gebied met voorbeelde van ou houtwerkimplemente en -gereedskap, 'n geelhout-boskappershut en aanplantings van inheemse bome in die tuin.<ref name="Stals">Stals, E.L.P. 1961. George, die verhaal van die dorp en distrik: Munisipaliteit Afdelingsraad van George. Procclesia Drukkery. Stellenbosch.</ref>
 
=== Stigting van George ===
 
=== Die George-baken ===
In die voorportaal van die George Museum-museum is die oorspronklike George-baken wat in 1785 deur die Goewerneur van die Kaap, [[Cornelis Jacob van de Graaff]], namens die V.O.C. opgerig is. Die baken is opgerig om die gebied af te baken en om die Engelse te verhoed om Outeniqualand binne te dring. Die baken is as ‘n nasionale monument verklaar in 1962 en as ‘n provinsiale erfenis-voorwerp in 1992.<ref name="Stals"/>
 
=== Stigting van 'n nuwe magistraatsdistrik ===
 
== Uitstallings ==
Die George Museum-museum poog om die gemeenskap bewus te maak van hul kultuur en geskiedenis, en om benewens ‘n beter begrip te kweek van hul omgewing deur die uitstallings van die museum. Die museum versamel en stal voorwerpe uit wat verband hou met die kulturele geskiedenis van George en die omgewing daarvan, vanaf die ontstaan van die dorp as ‘n V.O.C.-buitepos. Die buitepos het gou die middelpunt geword van ‘n florerende houtindustrie. Die museum se hooftema, die "Inheemse bos-en houtbedryf van die Suid-Kaap" fokus op die Suid-Kaapse inheemse houtbedryf en die rol wat hierdie nywerheid gespeel het in die geskiedenis van die dorp.<ref name="archivalplatform">http://www.archivalplatform.org/blog/entry/the_george/.</ref> Die Houttema is uniek in die sin dat geen ander Suid-Kaapse museum die houttema as hooftema het nie.
 
=== Buitelug-kompleks: Houtnywerheidsuitstallings ===
 
=== Uitstallings van plaaslike historiese belang word in die hoofgebou gehuisves ===
Die “Mini”-museum is ‘n museum binne-in die Museum. Dit is ontwerp om ‘n atmosfeer van die ou dae daar te stel. Hierdie uitstalling bestaan uit baie oorspronklike voorwerpe deur die museumstigter Charles Sayers vir sy geliefde museum versamel is. George was ‘n vooruitstrewende dorp in die [[Victoriaanse tydperk]] en in die laat 19de eeu word hierdie ou gebou (wat vandag die museum is) die legendariese Victoria Hotel. ‘n Tipiese slaapkamer, eetkamer en “drawing room” meubels uit hierdie tydperk sorg vir interessante uitstallings. ‘n Versameling meganiese musiek-instrumente wissel van Switserse musiekdose van 1796 tot Edison-fonogramme van die laat 19de eeu en “His Master’s Voice” grammofone van die 1900’s.
 
=== Galery van uitstallings ===
=== Die museum het ook tydelike uitstallings ===
[[Lêer:Art Sayers Hall.jpg|thumb|Kunsuitstalling in die Sayerssaal]]
Die Sayerssaal is ingerig as ‘n kunsgalery. Tans word ‘n seleksie kunswerke van die versameling van die Wes-KaapKaapse Biblioteekdiens, wat bestaan uit prominente Suid-Afrikaanse kunstenaars, asook ‘n versameling van die 2010 sokker-gedenkwaardighede, ook deur Suid-Afrikaanse kunstenaars, hier ten toon gestel.
 
=== Sport-gedenkwaardighede op uitstalling ===
=== Opvoedkundige programme ===
[[Lêer:GM1.jpg|thumb|alt=wood carving : ''Cape Aloe''|'n Medisinale aalwynplant, George area, Wes-Kaap, Suid-Afrika]]
Die George Museum-museum bied ‘n wye verskeidenheid opvoedkundige programme vir leerders aan. Die volgende kurrikulum-verwante opvoedkundige programme word jaarliks aangebied by die George Museum-museum.
 
'''Die Argitektuur van George'''