Verskil tussen weergawes van "Sakeplan"

51 grepe verwyder ,  7 jaar gelede
Verbeter
k (Verplasing van 34 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q208034)
(Verbeter)
'n '''Sakeplan''' of '''ondernemingsplan''' is die [[bloudruk]] van 'n [[onderneming]] en dit [[funksie|funskioneer]] soos 'n "padkaart" om die [[eienaar]](s) te wys [[rigting|waarheen]] die onderneming gaan.
 
'n Sakeplan bring ál die [[belangrikheid|belangrike]] [[inligting]] oor die onderneming bymekaar. Die inligting word [[logika|logies]] neergeskryf sodat elkeen wat daarmee moet [[werk]] dit maklik kan [[begrip|verstaan]]. Dit moet realistiese en bereikbare [[doelwit]]te bevat en wys hoe die [[bestuurder]] [[beplanning|beplan]] om 'n [[sakegeleentheid]] te [[benutting|benut]].
 
== Hoekom ondernemings sakeplanne ontwikkel ==
Sakeplanne is meer belangrik vir [[klein onderneming]]sondernemings as wat dit is vir 'n [[groot onderneming|groter een]] omdat in klein ondernemings die eienaar gewoonlik die enigste [[persoon]] is wat [[besluit]]e neem, en elke besluit die [[toekoms]] van die onderneming drasties kan [[invloed|beïnvloed]]. In groter ondernemings is daar gewoonlik [[vennoot|vennote]] of [[direkteur]]e wat besluite neem en hulle staan mekaar by met die beplanning. Sakeplanne dien nie as [[waarborg]]e dat die onderneming [[winsgewendheid|winsgewend]] sal wees nie, maar dit sal wél help om beter op [[kris]]ise te [[reaksie|reageer]] en om sekere [[probleem|probleme]] te [[vermyding|vermy]].
 
'n Sakeplan is ook 'n belangrike [[hulpbron]] wanneer 'n onderneming om [[geld]]elike [[hulp]] aansoek doen. Dit kan nuttig wees om nuwe sakevennote te kry en [[voorsiening|voorsien]] [[belegger]]s van [[inligting]].