Verskil tussen weergawes van "Pous Eleuterus"

 
=== Eleuterus en die [[Montaniste]] ===
Die [[Montaniste]] het hulle oorsprong in [[Klein-Asië]] en verbrei na [[Rome]] en [[Gallië]] in die tweede helfte van die 2de eeu, rond die bewind van Eleuterus. Die besondere aard van die kettery het dit moeilik gemaak vir die [[Christene]] om standpunt daarteen in te neem. Gedurende die geweldadige vervolgings in [[Lyon]] in [[177]] het plaaslike aanhangers uit die gevangenis oor die nuwe beweging aan die gemeentes in Klein-Asië en [[Frigië]] en ook aan Pous Eleuterus geskryf. Die boodskapper was ouderling [[Irenaeus van Lyon|Irenaeus]] later [[biskop]] van Lyon. [[Eusebius]] beweer dat die Christene in Lyon, hoewel gekant teen die Montaniste, geduld bepleit het om kerkeenheid te bewaar.
 
Presies wanneer die [[Rooms-Katolieke Kerk]] sterk standpunt teen die Montaniste ingeneem het, is nie bekend nie. [[Tertulianus]] beweer dat ‘n biskop van Rome ‘n paar versoenende briewe aan die Montaniste geskryf het, maar dat die briewe later teruggetrek is.