Verskil tussen weergawes van "Teems"

8 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
Skakels
k
(Skakels)
Die '''Teems''' ([[Engels]]: ''River Thames'') is 'n rivier wat deur suidelike [[Engeland]] vloei, asook deur [[Londen]], om uiteindelik in die see uit te mond. Die rivier is een van die hoofwaterweë in Engeland. Weens die rivier se bekendheid staan dit soms bloot as die ''Thames'' bekend.
 
Met die hoogtepunt van die laaste [[ystydperk]], sowat 12 000 jaar gelede, is groot hoeveelhede water as gevolg van lae temperature in ysmassas omgeskep sodat die [[seevlak]] wêreldwyd gedaal het. Die suidelike [[Noordsee]] is in droë land verander, die sogenaamde Doggerland, en die Britse Eilande het met die huidige Europese vasteland duisende jaar lank 'n samehangende landmassa gevorm. In hierdie tyd was die Teems baie groter as wat hy vandag is en sy bron heelwat verder weswaarts in die omgewing van die huidige [[Wallis]]. Die rivier het toe deur Doggerland gevloei, tot dit by die [[Ryn|Ryn-river]] aangesluit het. Die twee riviere was dus eens op 'n tyd deel van dieselfde rivierstelsel.
 
{{Saadjie}}