Verskil tussen weergawes van "Manchester"

1 127 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
Bygewerk
k (+ skakel)
k (Bygewerk)
 
Die gedokumenteerde geskiedenis van Manchester het met die Romeinse fort of ''castrum'' Mamucium begin wat omstreeks 79 n.C. op 'n [[sandsteen]]wal naby die samevloeiing van die Medlock- en Irwell-riviere opgerig is. Histories het Manchester deel uitgemaak van [[Lancashire]], alhoewel dele van [[Cheshire]] suid van die Mersey-rivier gedurende die 20ste eeu by die stad ingesluit is. Die eerste hiervan, Wythenshawe, is in 1931 by Manchester ingelyf.
 
Gedurende die [[middeleeue]] was Manchester 'n relatief klein nedersetting wat aan 'n landgoed gebonde was, maar vanaf die vroeë 19de eeu het die dorp ongekende groei ervaar. Die grootskaalse uitbreiding van tekstielnywerhede as gevolg van die nywerheidsomwenteling het 'n proses van vinnige en onbeplande verstedeliking aan die gang gesit. Ná die voltooiing van die Bridgewater-kanaal in 1761 - 'n belangrike waterweg vir die vervoer van [[steenkool]] - het steeds meer tekstielmeule in Manchester ontstaan wat van die dorp die middelpunt van die Britse tekstielbedryf gemaak het. In 1853 het Manchester stadstatus verwerf.
 
Manchester se raadsaal (''Manchester Town Hall'') is in 1877 opgerig, en in 1894 is die ''Manchester Ship Canal'' ingewy - indertyd die langste riviernavigasiekanaal ter wêreld wat Manchester se nuwe rivierhawe met die see verbind het. Die dekades ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] was 'n periode van industriële agteruitgang. 'n Bomaanval in 1996 het egter die aanleiding gegee tot 'n grootskaalse program van stedelike regenerasie waaruit veral die middestad van Manchester voordeel kon trek.
 
 
 
[[Kategorie:Nedersettings in Engeland]]