Verskil tussen weergawes van "Manchester"

29 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
+ skakel
k
k (+ skakel)
|}
 
'''Manchester''' [ˈmæntʃɪstə] is 'n stad en metropolitraanse ''borough'' in die [[Graafskappe van Engeland|graafskap]] Groter Manchester in [[Engeland|Noordwes-Engeland]], [[Verenigde Koninkryk]] met 'n oppervlakte van 115,65 km². Die stad is met 'n bevolking van sowat 514 417 in 2013 ná [[Londen]] en [[Birmingham]] die derde grootste stad van Engeland en vorm die sentrum van Noord-Engeland se grootste metropolitaanse gebied met 'n bevolking van 2,55 miljoen. Die stadsgebied word begrens deur die Chesire Plain in die suide, die Pennines-bergreeks in die noorde en ooste en 'n groot boog van nedersettings wat met Manchester tot 'n uitgestrekte beboude stedelike gebied saamgesmelt het.
 
Plaaslike nywerhede het 'n baanbrekersrol gedurende die [[nywerheidsomwenteling]] in Engeland gespeel waartydens Manchester van 'n klein nedersetting tot die wêreld se eerste groot nywerheidstad gegroei het. Die eerste spoorwegstasie ter wêreld is hier geopen, en hier het wetenskaplikes vir die eerste keer 'n atoom gesplits en die wêreld se eerste rekenaar ontwikkel wat deur 'n sagtewareprogram in sy geheue bestuur is.