Lughawe Londen-Heathrow: Verskil tussen weergawes

k
Nuwe beeld
k (Bygewerk)
k (Nuwe beeld)
 
Heathrow is die besigste lughawe in die Verenigde Koninkryk en [[Europa]], en dit was in 2012 ook op twee na die besigste ter wêreld volgens die getal passasiers wat bedien is. Met 69,9 miljoen het dit meer passasiers hanteer as die [[Lughawe Parys-Charles de Gaulle]] (61,6 miljoen) en [[Lughawe Frankfurt]] in [[Frankfurt am Main]] met 57,5 miljoen.<ref>[http://www.spiegel.de/reise/aktuell/airport-ranking-london-heathrow-hat-die-meisten-passagiere-in-europa-a-878088.html ''Der Spiegel Online, 17 Januarie 2013: Airport-Ranking: London-Heathrow hat die meisten Passagiere in Europa. Besoek op 26 Januarie 2014'' ]</ref> Volgens die getal vliegtuie, wat in 2012 gehanteer is, is Heathrow die derde besigste lughawe in Europa ná Charles de Gaulle en Frankfurt am Main. Daagliks kom 190&nbsp;000 passasiers in Heathrow aan of vertrek van hier. Heathrow hanteer meer internasionale passasiers as enige ander lughawe.
[[Lêer:Bus.stop.arp.750pix.jpg|duimnael|links|'n Ongewone uitsig by 'n bushalte:<br /> [[Suid-Afrikaanse Lugdiens]] se 747-444-makrostraler ''Bloemfontein'' op Heathrow-lughawe]]
[[Lêer:Queue.at.london.airport.arp.jpg|thumb|links|300px|Vliegtuie staan tou om te vertrek vanaf Heathrow in November 2005]]
 
Tans strek die lughawegeriewe oor vyf terminale waarvan elkeen oor winkels, restaurante, geldwisselkantore, inligtingstoonbanke, geriewe vir hotelbesprekings en verlore bagasie beskik. Die jongste toevoeging tot die lughawekompleks is Heathrow-terminaal 5 wat in 2008 geopen is en langafstandvlugte hanteer. Dié terminaal is die grootste vrystaande gebou in die Verenigde Koninkryk en vier keer groter as terminaal 4. Terminaal 2 is laat in 2009 ná byna sestig jaar se bedrywighede vir renovasie gesluit en sal na verwagting nog in 2014 heropen word.