Canary Wharf: Verskil tussen weergawes

k
+ skakel
kNo edit summary
k (+ skakel)
}}
 
'''Canary Wharf''' is 'n beduidende sakedistrik in Poplar, [[Londen]], [[Verenigde Koninkryk]]. Dit is een van Londen se twee finansiële hoofsentrums - naas die historiese middestad of ''[[City of London]]'' - en huisves baie van die hoogste geboue in die Verenigde Koninkryk, waaronder die tweede hoogste [[wolkekrabber]], ''[[One Canada Square]]''.
[[Lêer:Canary Wharf 2010-08a.jpg|thumb|links|Canary Wharf]]
Veral sake- en kantoorpersele het hier ontstaan sodat Canary Wharf met 1,3 miljoen m² se kantoor- en winkelruimte in die vraag na gehalte-sakeruimte in Londen voorsien. 730 000 m² hiervan is in besit van die ''Canary Wharf Group''. Canary Wharf bied sowat 90 000 werkgeleenthede en huisves die internasionale of [[Europa|Europese]] hoofkwartiere van 'n groot aantal banke, professionele dienste-ondernemings en media-organisasies, waaronder ''Barclays'', ''Citigroup'', ''Crédit Suisse'', ''HSBC'', ''J.P. Morgan'', ''KPMG'', ''MetLife'', ''Morgan Stanley'' en ''Thomson Reuters''.