Lughawe Londen-Heathrow: Verskil tussen weergawes

k
Heathrow-lughawe het in 1929 as 'n klein vliegveld (''Great West Aerodrome'') met sy bedrywighede begin. Dié vliegveld was suidoos van Heathrow geleë, 'n gehuggie wat later sy naam aan die lughawe sou verleen. In die beginjare is die omgewing nog deur boerderye, tuine en vrugteboorde oorheers. Op die huidige terrein van terminaal I was daar in dié tyd nog 'n boerdery, ''Heathrow Farm'', en geboue soos ''Heathrow Hall'' en ''Heathrow House''.
 
Vanaf 1944 is met die ontwikkeling van die hele Hearthrow-gebied tot 'n uitgestrekte militêre lughawe begin van waar langafstandvliegtuie op pad na die [[Verre Ooste]] kon opstyg. Maar toe die lughawe in die volgende jaar voltooiing genader het, was die [[Tweede Wêreldoorlog]] al beëindig. Die Britse regering het nogtans met die projek voortgegaan en dit tot 'n burgerlike lughawe omgeskep wat aanvanklik as London Airport bekendgestaan het. Dit is later hernoem tot Heathrow.
 
== Verwysings ==