Verskil tussen weergawes van "Boroughs in Londen"

k
Bygewerk
k (Bygewerk)
Die bevolkingsgetalle van Londense stadsdistrikte varieer tussen sowat 150 000 en 300 000 en staan sodoende gelyk aan dié van tipiese Engelse stede. Distrikte in die binnestad is gewoonlik kleiner as dié in die buitewyke, sowel ten opsigte van hul bevolkingsgetal asook hul oppervlakte, maar word deur 'n hoër [[bevolkingsdigtheid]] gekenmerk.
 
== Ontstaansgeskiedenis ==
 
Vanaf die middel van die 1930's was daar vier verskillende tipes van plaaslike regeringsliggame: ''county boroughs'', ''municipal boroughs'', stedelike distrikte (''urban districts'') en metropolitaanse boroughs (''metropolitan boroughs''). Die uitgestrekte ''county boroughs'' het alle plaaslike regeringsdienste verskaf en oor dieselfde bevoegdhede beskik soos graafskapsrade (''county councils''). ''Municipal boroughs'' en stedelike distriksliggame het in vergelyking daarmee minder bevoegdhede gehad.
 
Wat die situasie nog ingewikkelder gemaak het, was dat graafskapsrade bevoegdhede soos laerskoolonderwys en biblioteeksdienste aan ander liggame soos distriksrade en rade van ''municipal boroughs'' kon oordra - 'n beleid wat dan ook stuksgewys toegepas is. Die hervorming van Londen se plaaslike regeringstelsel was 'n poging om dié aangeleenthede te reguleer.
== Kaart ==
{|